Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: PM on November 25, 2012, 12:48:51 PM

Title: 'n Geskenkie vir PM
Post by: PM on November 25, 2012, 12:48:51 PM
Hierdie geskenkie het ek by die tannie oppie plaas naby Heidelberg gekry.  Sy skilder graag.  Ek dink dit is pragtig en lief dit.  Nou moet dit 'n mooi raam kry en ek wil graag idees hê.  Help asseblief.

Title: Re: 'n Geskenkie vir PM
Post by: Meraai vannie Baai on November 25, 2012, 11:43:32 PM
Fransi!!! Fransi!! PM, ek liefffff dit  :love7: :hello2:
Title: Re: 'n Geskenkie vir PM
Post by: Fransi on November 26, 2012, 07:54:51 AM
 :hello:

Dit is mooi. :-) 'n Pragtige geskenk.

Die persoon by die raamwinkel behoort idees te hê. Andersins kan jy dalk vir hulle sê dat jy met die raam van die kleure in die skildery wil herhaal. Bv. iets soos 'n dun goue raampie met 'n dikker rooi-bruin raam om diepte te gee en sekere kleure te laat uitstaan. Hier by ons is het die vroutjie by die raamwinkel 'n baie goeie oog, so ek is baie gelukkig wat dit aanbtref. Ek hoop jy ontdek ook so iemand by een van julle raamwinkels.
Title: Re: 'n Geskenkie vir PM
Post by: PM on November 26, 2012, 08:19:14 AM
Baie dankie, ek sal gaan soek en kersopsteek.  Ek waai nog steeds my stertjie en my hart klop so warm. 
Dit laat my dink aan jare gelede se ou vissershuisies by Paternoster.  Vandag is dit 'n vakansieoord. 
Title: Re: 'n Geskenkie vir PM
Post by: adele on November 26, 2012, 08:31:16 AM
dis so mooi, PM, ek is vreeslik lief vir huisies, veral vissershuisies en ou antieke huise, het ook in die vakansie 'n vissershuisie by Eben se neef se vrou gekry,(sy het onlangs maar eers begin skilder) sal kliek en julle kom wys.  my ma kon baie mooi skilder en portretstudies amper perfek doen, maar sy het net enkele geboue geskilder want sy was nie so mal daaroor nie.

   :grommit:   
Title: Re: 'n Geskenkie vir PM
Post by: PM on November 26, 2012, 08:43:28 AM
Asseblief, kliek en kom wys. 
Ek het darem van jou ma se mooi goed gesien.   
Title: Re: 'n Geskenkie vir PM
Post by: adele on November 26, 2012, 03:54:36 PM
   :toothy4:   toe ek nog dog ekke gaan kliek-kliek, toe onthou ek eers my skildery, klein, net A4 grootte, is nog oppi dorp, Eben moet nog raam daarom prakseer. ek kom wys wanneer ek die kans kry.
hierdie hier onder is die kroon op al my ma se werk - van haar en my pa.

                 :grommit:   
Title: Re: 'n Geskenkie vir PM
Post by: Fransi on November 26, 2012, 04:01:04 PM
Besonderse werk.  :hello2:
Title: Re: 'n Geskenkie vir PM
Post by: PM on November 27, 2012, 07:40:29 AM
Dit is pragtig.  Ek wens ek kon ook skilder, maar ek sal dit vir die "kuns-geeste" los. 
Ons wil ook die raam sien wat Eben maak hoor.  Hy is darem so handig met die houtwerk. 
Title: Re: 'n Geskenkie vir PM
Post by: adele on December 02, 2012, 08:56:04 PM
dis darem maar waar, vriendin, hy kan toor met enige stuk hout. Hier is sy neef se vrou se skildery wat ek ge-persent het. skilderye soos die van die huisies van ons het vir my eie bekoring: dit lyk of die huisies gesels...

 :grommit:
Title: Re: 'n Geskenkie vir PM
Post by: PM on December 03, 2012, 03:18:54 AM
Sowaar ja, die twiekies is kinders van dieselfde dorp! 

ge-persent   :icon_biggrin:
Title: Re: 'n Geskenkie vir PM
Post by: adele on December 04, 2012, 07:06:06 AM
ge-persent is 'n woord wat Eben en sy familie en kiddies gebruik, ek geniet dit vreeslik.

 :grommit: 
Title: Re: 'n Geskenkie vir PM
Post by: PM on April 04, 2013, 10:26:37 AM
Het ek eers weer kom kyk na daai mooi skildery van jou se moedertjie wat in jou huis hang Adéle.  Dit het seker vir jou nou nog meer waarde.  Liefe jou Nooi.   :love7:
Title: Re: 'n Geskenkie vir PM
Post by: adele on April 04, 2013, 11:29:27 AM
dankie lief PM, Eben het die skildery so maand gelede geraam. die een is met en die ander sonder die kamera-flits afgeneem.
ek het nou uit die skildery van my ma, haar gesig gebruik vir die begrafnisbriefie

 :grommit:
Title: Re: 'n Geskenkie vir PM
Post by: PM on April 05, 2013, 01:36:36 PM
Baie dankie vir die deel Annie.  Ons dink baie aan julle matertjie.  Sterkte en al ons liefde.