Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on December 24, 2012, 09:30:05 PM

Title: Geseende Kersfees...
Post by: Angelica on December 24, 2012, 09:30:05 PM
Yip, dis ou Kersaand en ek sit voor die rekenaar en rondhang op die internet. 
Op die Forum is niemand.  Op FB is niemand.  Aan my sy is niemand. En dit is nie iemand met die naam Niemand nie.
Maar ek glimlag nog.  Hoop julle is vrolik en in die geselskap van jul geliefdes.
Mag julle 'n geseende Christus-fees ervaar. 

Title: Re: Geseende Kersfees...
Post by: adele on December 24, 2012, 10:00:40 PM
hallo Elle en almal wat hierdie forum liefhet
na baie drama hierdie afgelope jaar, waarvan sommige tonele nog gladnie klaar is nie, is my kinders vanaand almal onder my dak, ja, die jongste, CJ, al slapende ook. ek speel ouma en kom ook agter dis nie so moeilik nie. hy nou 2 weke oud.

ons wens dat vir elkeen van julle, more die mooiste dag en ure sal wees.
a.

 :grommit: 
Title: Re: Geseende Kersfees...
Post by: Gawelina on December 25, 2012, 11:18:08 AM
More almal. My boetie en my kinders is by ons. Ouma en oupa blom. Baie geseende kersfees vir een en almal.
Title: Re: Geseende Kersfees...
Post by: PM on December 25, 2012, 11:55:31 AM
Baie dankie vir al die mooi wense.  Mag julle ieder en elkeen 'n lieflike dag hê.  Ek lief julle almal met 'n passie.   :love7:

 :bootyshake:
Title: Re: Geseende Kersfees...
Post by: Ah Willa on December 25, 2012, 12:13:15 PM
Hello Angilica - ek het nie geweet jy is tuis alleen nie ... ek en Andre doen nie die Kersding nie ... maar ons weet hoe om  :coffee2: te drink ...
jy moet skreeu as jy alleen is ...

mooi daggie vir jou en ons hele forum familie  :love7: :love7: :love7: :love7:
Title: Re: Geseende Kersfees...
Post by: Meraai vannie Baai on December 26, 2012, 08:32:58 AM
Liewer laat as nooit, Engeltjie ek vou jou toe met liefde!! Hoop julle het almal 'n wonderlike feesdag gehad. Diekant was al drie ons kinders ook onder een dak en Meisiekind se twee stiefkinders het ook saam met ons die dag deurgebring. Dit was 'n blessing vir ons  :love7:
Title: Re: Geseende Kersfees...
Post by: Fransi on December 26, 2012, 01:25:28 PM
Uit en tuis by die huis. Ek hoop julle het 'n besonderse en geseënde tyd gehad, hetsy dit alleen of saam met vriende of familie was.  :love7:
Title: Re: Geseende Kersfees...
Post by: PM on December 26, 2012, 09:01:28 PM
Baie dankie Fransi.  Ek sou baie graag wou hoor hoe dit met skoonmoeder gaan.  Is alles in orde?
Title: Re: Geseende Kersfees...
Post by: Fransi on December 28, 2012, 08:22:03 AM
 :hello:

Dankie PM, sy lyk al beter vir my. Hulle het die heupvervanging gedoen. Sy is al minder deurmekaar, maar die pyn is maar erg. Sy het nou al met hulp 'n paar tree kon loop en sy oefen die been elke dag. Ek het gedink om vandag weer te bel om te hoor of sy ontslaan is en hoe dit nou gaan. My arme skoonpa mis haar en sy mis hom beslis ook. Daar was sprake dat my skoonpa se een skoonsus daar sal kom bly en help, sodra my skoonma terug by die huis is. Ek hoop dit realiseer, want soiets is maar 'n lang herstelproses, veral as jy nie meer so jonk is nie. Hopelik herstel sy ten volle. Met die vorige heupbreek se aanjaag en argaïese metodes wat gebruik is, het sy kruppel gebly en was die een been ewe skielik korter as die ander een. Dit is blykbaar darem nou reggemaak. Miskien het hierdie eina tog dalk 'n goeie doel en einde.
Dankie, dat jy vra, ek waardeer dit regtig baie.  :love7:
Title: Re: Geseende Kersfees...
Post by: Meraai vannie Baai on December 28, 2012, 09:13:56 AM
Dankie PM vir die vra, en dankie baie matertjie dat jy ons kom inlig het hoe dit gaan. Sterkte!!!
Title: Re: Geseende Kersfees...
Post by: PM on December 28, 2012, 11:58:12 AM
Dit is maar 'n pynlike en lang herstelpad om te stap.  Dankie dat jy kom vertel het en onthou, as julle hulp nodig het skree!
Ons sal aan hulle dink en hoop dit gaan gou beter. 
Title: Re: Geseende Kersfees...
Post by: Fransi on December 29, 2012, 08:24:10 AM
Baie dankie.  :love7: