Author Topic: Kommin Kry nie koud nie  (Read 3529 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Kommin Kry nie koud nie
« on: April 09, 2012, 08:58:44 AM »
Kômmin word nie sommer met 'n kombers toegegooi nie.

As jy dink ander mense is kômmin is jy 'n snob. Jy kan net nie wen nie. Ek praat van kômmin met 'n k, nie commin met 'n c soos die Engelsman sou sê nie.
Dit bly egter ‘n feit dat ons steeds mense klassifiseer al maak dit seer en al is die teen die wet. Hoe ‘n groter snob jy is hoe meer en hoe kleiner is die dinge wat jy as kommin beskou.
Vir my is dit plakkies dra kerk toe, “fluffy carpet” op die kar se “dashboard”, ‘n lemoen of een of ander ander tipe voorwerp of vlag aan die kar se “aerial” en sulke tipe goeters. Ok, Ok – Ek erken ek is ook ‘n kommin snob. (voor ek gekruisig word)
Ek het vir tien jaar by ‘n groot versekeringsmaatskappy gewerk waar ek vir ‘n lang tyd in beheer was van mense. As iemand ooit mense kan beheer.  Die kleredrag van die kantoorpersoneel was een van my verantwoordelikhede en ek moet sê dat ek nooit probleme gehad het nie. Dit was vir my maklik, al wat ek moes doen was om al die mense wat korrek en netjies aangetrek is in die oggend daaroor te komplimenteer en die res te ignoreer. Almal soek vir komplimente.
Ander afdelings het egter gesukkel, veral in die somer. Kort rokkies was die grootste probleem. Hier geld kommin en snob weer. Party dames se figure is van so ‘n aard, hulle dra ‘n mini met soveel styl dra dat ‘n mens nie eers agterkom hulle dra dit nie. Dan kry jy egter die wat liewers broekpakkies moet dra om die spat-arige padkaarte op hulle bene weg te steek. (Veral die wat genoeg oppervlaktes het om wêreldkaarte te vertoon.)
Hulle lyk kommin in ‘n mini en moet dit liewer by die huis dra. Ek glo dat
dit hulle is wat die reël “geen mini’s” noodsaak. In ‘n ander skrywe verwys ek ook na toonringe. Ek wil net hier spesifiseer. “Toonringe aan tone wat die pad wys vir skurwe vuil hakke, en toonnaels waarvan net die voorste helfte nog Dulux op het laat my reageer soos daai papegaai in die Brrrrrrr.. advertensie.” Soek die kommin en wen ‘n week se vakansie in Zimbabwe as gas van die President.
Ek het die fout gemaak om te dink dis alle toonringe tot een van die Woes skryfsters my daarop gewys het dat sommige voete versorg is. Dis egter net soos met die mini’s, as dit pas pla dit nie.
Ek kom een oggend by die werk aan. Voor my stap ‘n dame wat haar man se, uit die mode breë, das uit die kas gehaal het en besluit het om dit te “recycle” as ‘n rokkie. Sy stap voor my op die “ramp” en ek sal nie vir julle sê wat die kleur van haar broekie was nie. (Raai reg en wen tweede prys. ‘n Maand se vakansie in Zimbabwe as gas van die oposisie.)
Sy laat val haar toegangskaartjie.
Ek gaan staan teen die reling. Vol afwagting oor hoe sy nou gaan maak om die kaartjie op te tel. Sy kan nie haar bene buig sonder om aangekla te word vir onsedelike gedrag nie, wat nog te sê vooroor buig.
Sy kyk vir my.
Ek kyk terug.
Sy vra later of ek nie soos ‘n ware heer vir haar die kaartjie gaan optel nie.
Ek antwoord: “Ek sou, as jy soos ‘n ware dame aangetrek was vir werk.”
Vyf minute later het die sekuriteitsman haar kaartjie kom optel. Toe kyk ons nog vir mekaar soos Pimp en sy Produk.
Sy het die kaartjie gevat en is terug af met die “ramp”. Ek het haar later weer raakgeloop. Netjies en stemmig aangetrek.
As ek soggens voor my klerekas staan het ek die keuse wat ek wil aantrek.
Toegegee, die keuse is nie groot nie maar ek het ‘n keuse. Wat ek deur die dag gaan doen en die weer het die grootste invloed op my keuse. As ek weet ek het mooi kuite kan ek ‘n kortbroek met selfvertroue dra.
Ek kan egter nie verstaan hoe jongmeisies klere kan dra waarin hulle ongemaklik voel nie. Ek praat nou van daai wat bv. ‘n kort rokkie aantrek en dan heeldag die some loop en aftrek om nie te veel been te wys nie. Kan hulle nie maar die rokkies met selfvertroue dra of dit glad nie aantrek nie.

Ek gaan kerk toe en daar stap sy voor my. Geroeste toonring (genuine opregte nagemaakte stainless steel), toonnaels wat laas met ‘n stomp kettingsaag getrim is, mooi ingepas in ‘n paar geelbruin strandtekkies wat vyftien jaar terug wit en nuut was. Alles die aan twee no 9 voetjies met krake aan die agterkant wat met die grent kenian meeding. Mates van 32-22-32, (haar regterbeen is effens dikker.) Hilda sal nie meer as twee serpies uit die materiaal kry nie. Sigaret tussen die vingers. Make-up met ‘n troffel en ‘n
sponsroller aangesit. Ek sal hier ophou want jy kry die prentjie.
“Kommin, kommin. Welkom by die kerk. Ten minste is jy hier. Wat? O, jou
snob suster lê in haar bikini op die strand?”
Kommin kry nie koud nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kommin Kry nie koud nie
« Reply #1 on: April 09, 2012, 10:03:29 AM »
Oe aaaardetjie toggie tog!!  :icon_biggrin: :`ip2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kommin Kry nie koud nie
« Reply #2 on: April 09, 2012, 02:17:17 PM »
Jy laat my dink aan die ou wat vir die meisie wat vol "tattoes" was gesê het hy staan nie sy sitplek in die bus aan haar af nie, skilderye moet hang.   :icon_biggrin:

Kômmin word nie sommer met 'n kombers toegegooi nie.  Kommin kry nie koud nie.  :icon_biggrin:  Goed gestel Naas! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kommin Kry nie koud nie
« Reply #3 on: April 09, 2012, 03:50:34 PM »
Ag ek wou nog sê, 'n mens kan grond koop, maar jy kan nie agtergrond koop nie.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kommin Kry nie koud nie
« Reply #4 on: April 09, 2012, 06:25:26 PM »
Mans raak vooruitstrewend van te veel eet, vrouens kry agtergrond.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kommin Kry nie koud nie
« Reply #5 on: April 10, 2012, 02:31:39 AM »
Is jy nie nou besig om "agtergrond" en "agter baks" met mekaar te verwar nie Naas?  :angel7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kommin Kry nie koud nie
« Reply #6 on: April 10, 2012, 06:28:33 AM »
Agterbaks is die kromming van die rug op pad na die agtergrond toe.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kommin Kry nie koud nie
« Reply #7 on: April 10, 2012, 07:00:20 AM »
Dan moet "ingetoë" tussen die melkery en die sportsgronde wees.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.