Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on May 06, 2012, 07:50:34 AM

Title: Om te BEE
Post by: Naas on May 06, 2012, 07:50:34 AM
Tye het beslis verander
slaan die besef my toe vandag.
Gister se ware woorde?
Dra dit nog dieselfde krag?

To be, or not to be?
Het mos duidelik gevra
of bestaan regverdig word.
Tye het beslis verander.

To BEE, or not to BEE?
Nou moet die baas mooi dink
of bestaan geduld gaan word,
slaan die besef my toe vandag.

Raak die besluit vandag dalk...
'n vlieg in baas se salf?
Of net 'n gesalfde vlieg?
Gister se ware woorde?

Is dit 'n vlieg met moee vlerke
of dalk net vlerke van vertoon?
Dalk maar net 'n BEE budgie?
Dra dit nog dieselfde vrag?

Dra dit nog dieselfde krag?
Gister se ware woorde
slaan die besef my toe vandag:
Tye het beslis verander.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Om te BEE
Post by: adele on May 06, 2012, 10:32:47 AM
baie goed bedink, ek sien 'n struktuur maar kan nie onthou watter ene nie?

 :grommit:
Title: Re: Om te BEE
Post by: Naas on May 06, 2012, 02:18:48 PM
Dis maar my eie truverse. Ek werk die laaste tyd baie daarin.
Ek het gister saam met Trappies hulle by 'n wynplaas met 'n lamsakkige vlieg te doen gekry. Na aanlyding van 'n storie van die gasvrou oor BEE is die vlieg opeens die BEE-budgie gedoop.
Ek dink dat ek erens 'n band met Engeltjie se gevoelens het want ek het vannag met die aakligheid wakker geword en die gedig gebaar (sonder veel kraampyne). Vanoggend sien ek daar le 'n soortgelyke storie op haar lewenspad.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Om te BEE
Post by: PM on May 06, 2012, 08:04:11 PM
To BEE or not to BEE! 
Julle wetters!  Hoe durf julle sonder my kuier!  :crybaby2:
 :icon_biggrin: Ai matertjie, ons mis julle soveel, julle sal nooit weet nie!
Ek is so dankbaar dat julle hande vashou!  Ek hoop so dat ons een van die dae
weer saam kan kuier.  BUT - what will BEE will BEE! 
Title: Re: Om te BEE
Post by: Naas on May 06, 2012, 09:07:40 PM
My hart bloei vir Engeltjie maar ons sal vang sover ons kan.
Ons was gister by die olyffees en wou eers jul neus daarin vryf maar besluit toe dat die nie regverdig is nie.  Julle het mos darem ook julle plig teenoor Bosswanna se diere en ons respekteer dit.
Ek wens net Hannes wil nou klaar pomp en terugkom beskawing toe.
verdomp, ons mis julle en ek weier om my boek sonder julle bekend te stel.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Om te BEE
Post by: PM on May 07, 2012, 09:24:28 AM
Ai Naas, ek belowe ons sal daar wees as dit enigsins moontlik is.  Laat weet net wanneer en al vlieg ons net die naweek daarheen, sal ons daar wees.  Hannes sal eers volgende week terug wees by die kantoor, dan sal hy hoor wanneer die Kaapse projek sal gebeur.  Ek het hom die dood voor oë gesweer as hy dit sou waag om hierdie week nog terug te gaan kantoor toe.  Hy werk al van ons laaste Kaapse projek af een struik deur, sonder 'n naweek of 'n vakansiedag af.  As hy nie die Kaapse projek kry nie, gaan hy eers al sy verlof neem en dan met pensioen gaan.  BUT - what will BEE will BEE!

My hart bloei vir Elsabé.  Ek weet dat sy hart en siel in haar werk was en dat sy alles - alles - opgeoffer het vir haar werk.  Tye het beslis verander. Gister se ware woorde is net vandag se leuen.
Hou haar vas Naas. 
Title: Re: Om te BEE
Post by: Angelica on May 08, 2012, 03:16:58 AM
Hi Naas,  wonderlik dat jou boek met al (jou?) liegstories die lieg... ag lig, gaan sien.
Saam met jou bly daaroor.
Eendag, as ek die BEE-hive berook het met Agent Red, of was die Green?, gaan ek beslis 'n kopie kry.
Title: Re: Om te BEE
Post by: Trapsoetjie on May 08, 2012, 09:10:00 AM
Hie hie ... lekker kry ek nou weer lag.

Daai B E E budgie het ons gevolg tot by die laaste drinkgat... Hy was seker ook dors...  :evil6:

 :angel12:
Title: Re: Om te BEE
Post by: Naas on May 08, 2012, 10:04:27 AM
Verdomde wynvlieg as jy my vra. Net soos alle BEE budgies nie eers toegangsgeld betaal nie. Vreet en drink verniet.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Om te BEE
Post by: PM on May 08, 2012, 04:52:51 PM
Haai julle maak my so jantjie!  As julle my voor die tyd laat weet het kon ek darem my gesie saam gestuur het.   :icon_biggrin:
Title: Re: Om te BEE
Post by: Ah Willa on May 09, 2012, 06:29:18 PM
To BEE or not to BEE .... mmm

daai BEE-engeltjie se moeilikheid lyk maar klein teen Naas en Trappies sin wat gaan wyn drink sonder om my saam te vat ....

maar die mooi van Naas se gedig laat my genoodsaak voel om te vergiftig ... oops ek bedoel vergewe ....

Naas ... eendag gaan ek so mooi dig soos jy ... eendag ....
Title: Re: Om te BEE
Post by: Naas on May 10, 2012, 10:16:36 AM
Dankie Ah Willa. Daai een met die gebreekte traan dink ek oortref darem al myne. Jy moenie so beskeie wees nie.





 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Om te BEE
Post by: Ah Willa on May 11, 2012, 12:33:46 PM
Nee Naas, jy besef nie die waarde van joune nie .. maar ek's bly ek kan jou as meester volg en van jou leer ... jy en PM en Raaitjie en Adele ... ek leer baie by julle!  En dis juis julle input wat "Die eeu: 2012" tot gevolg het ... DANKIE!!!
Title: Re: Om te BEE
Post by: PM on May 11, 2012, 08:06:08 PM
daai BEE-engeltjie se moeilikheid lyk maar klein teen Naas en Trappies sin wat gaan wyn drink sonder om my saam te vat ...  Naas, ek dink jy en Trappies is nie net by my in die moeilikgeite in nie!

Gee hulle gas Willatjie.  Gee hulle gas!
Title: Re: Om te BEE
Post by: Ah Willa on May 11, 2012, 08:31:59 PM
En hulle moeilikheid groei - wat ma-PM is binnekort hier tussen ons  :love7:
Title: Re: Om te BEE
Post by: PM on May 11, 2012, 10:31:15 PM
... en elke dag wag ek in spanning om te hoor of dit moontlik is of nie.