Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Bekgeveg => Topic started by: PM on May 04, 2013, 07:30:16 PM
-
Hier waar ons bly, ons kan dit nie "woon" noem nie, was die plek in rep en roer die afgelope week.
Die toerismeraad het die ouens in kennis gestel dat hulle inspeksie kom doen. Hulle wou sommer ons kamer se mure kom afskuur en verf terwyl ons hier bly. Huhhhh! Ek heg 'n paar foto's aan sodat julle kan sien hoe dit lyk.
Ek is vreeslik jammer, maar ek betaal nie vir 'n plek waar hulle kom skuur en verf terwyl ek hier is nie. Wat my aanbetref werk dit nie so nie.
Maar nou-ja, die res van die plek het 'n vinnige verf gekry, al die mooiste goed is uitgehaal en ten toon gestel. Ons ken nie die plek nie!
Skoon "smart" hoor. Alles is gespit en gepolish, die tuin is gevee en die gras is gesny! Ons het tot sagte wit handdoeke gekry met hulle embleem op geborduur. Te mooi seg ek vir u. Te mooi!
Die beddens het mooi "throws" oorgekry en iewers het 'n paar mooi dekorasie-kussings uitgekruip.
Teen half twaalf vanmiddag pop hier 'n klomp karre op en die mense peul daaruit. Die plek is sommer stampvol.
Een uur daag die madame op. Sy is baie beindruk met die plek. Man, dit lyk dan so mooi! Sy neem 'n paar foto's en toe sy weg is kom haal hulle die mooi handdoeke en die res. Wat 'n klug!
-
Ek probeer my bes, maar ek kry nie 'n foto gelaai nie. Sal maar weer later probeer.
-
:munky2: Dis wonderlik wat mense nie alles sal doen en daarmee weg kom nie. :icon_scratch:
:angel12:
-
ja, so is daar baie dinge in die wêreld wat 'n klug is en ons weet dit nie.
-
Ek probeer weer.
-
En nog een.
-
Hoe moet ek nou hier bly terwyl hulle al die gemors afskuur en oor verf.
-
En ek sien alweer niks. :dontknow: :crybaby2: Weet nie wat de drommel met my tikker aangaan dat dit siende-blind is nie. My mond het oopgehang toe ek lees hoe mooi hulle kom opdollie en dan weer wegneem! Dit is so goed soos 'n gedokterde foto advertensie. Weet my skoondogter het vir 'n maatskappy in Brisbane gewerk waar sy die lelike dele moes 'weg toor' met haar grafiese kwas.
-
Ek hoop hulle het die Verf oppie mure gelos.
:icon_bigsmurf:
-
Dit was ons "rondjaag-dae" of moet ek sê jare. Daar was baie goeie tye, soos toe ons in die Kaap was, maar daar was baie ongemaklike ongerieflike tye ook. Gelukkig is ons nou kalm en rustig.
-
"Kalm en rustig"... Ek hoop nie Hannes kweek omkykgras in die agterplaas nie... :nono:
-
Natuurlik kweek hy, dit is mos nou wettig. :icon_biggrin:
Ons moet dit net in die kweekhuis hou, want al wat 'n bobbejaan is wil daarvan hê. Het jy geweet 'n koedoe is mal daaroor, en rissies, jy kan nie waag om dit buite te hou nie.
-
Sou nooit kon dink diere hou van brandbek nie.
:icon_bigsmurf:
-
Kan jy nou meer! Ek ook nie geweet daar is brandbekliefhebbende diere nie. Ek is selferkende twee-been-ene en my kinders NOG meer.
-
Oupa is mal oor rissies. hoe sterker hoe beter. Hy se dis Soos daai SASOL petrol. Dit brand jou hele gestel skoon van die tande tot die uitlaatstelsel.
Ek mag nie skinder nie maar as hy so rissies geeet het sit hy die aand toiletpapier in die vrieskas.
:mumum:
-
Assie, dalk kan ou Jonas hom help om op sy hande onder die stort te staan. Vra my, dit help baie. :evil6:
-
Toiletpapier in die vrieskas - UITSTEKENDE raad teen dit wat brand as hy in en uit jou gestel gaan Assie. Jy het die slimste oupa in die wye heelal. Sonder lieg.
-
Miskien het Oupa n blou pilletjie nodig Dan hoef Jonas nie te help nie. By kan homself sommer aan die kraan anker.
:icon_bigsmurf:
-
Dit klink vir my of die yskaspapier die beste sal werk vir oupa. :icon_biggrin:
-
Ek het jou kommentaar oor die onderstebo staan in die stort gemis PM. Hahahahahhahaa. Stort en rissies eet gaan nooit weer dieselfde wees nie. Kraanvogeltjie o hallie ha Naas!!!!!
-
Ja. Die kraanvoel is mos SA se nasionale voelsoort. Of is dit nou Kentucky... :icon_scratch: Nee nou onthou ek... dis die rainbow chicken.
:mumum:
-
Ek moet gaan soek, iewerste het ek 'n pragtige kraanvogelsneppie gehad maar sal hom by die kroeg moet gaan deel :icon_bigsmurf:
-
Ek onthou daardie "snappie". Dit is 'n uitstekende voorbeeld. :icon_biggrin: Jy kan dit net hier plaas Raaitjie. Assie is nou al groot genoeg om dit te sien. Sy sal ook dan beter verstaan waaroor dit gaan. :icon_biggrin:
-
Laat ek gaan grawe in die argiewe :toothy4: