Voorstelle en klagtes > Baie geluk... Baie welkom

verjaarsdag wense

(1/2) > >>

Louis:
more die 12de verjaar onse Elle. ek wil net sĂȘ baie baie geluk met die verjaardag en ek hoop daar is nog hordes vorentoe

Naas:
 :occasion14: :occasion14: :occasion18: :wav: :occasion13: :occasion13: :occasion13: :occasion13:

Baie geluk Engeltjie. Hoop en wens jou 'n heerlike dag tor saam met die wat jy lief het.





 :icon_bigsmurf:

adele:
baie geluk, mag jou dag en jaar oorlopens toe bruis van Genade.   :toothy4: 

Angelica:
Smile..  wanneer ons jonk is, is dit lekker om verjaarsdagpartytjies te hou en 'n issue daarvan te maak.
In jou middeljare wil jy nie eens die dag onthou nie en jou kop onder die kussing sit, slaap   :sleepy1:  en eers die volgende dag weer uitklim.
Maar wanneer jy so oud is soos ek en mense onthou nog en doen die moeite met 'n oproep of 'n e-pos, is dit baie baie spesiaal.
Ek is sover baie ge-spoil met geskenkies en oproepe en e-posse van mense wat ek nie eens gedink het onthou my nie.  Kosbaar.

Dankie aan elkeen van julle wat 'n minuut afstaan om wense te stuur. Ek waardeer dit geweldig.

Van die Birthday Queen

 :occasion18: :icon_jokercolor: :occasion5: :occasion15:

Angelica:
Die kinders en my seun se aanstaande skoonouers neem my na 'n restaurant by The Black Angus in die Paddocks sentrum in Milnerton. Dit is so oorkant die Woodbridge Island.
Regtig baie lekker daar.  Gou kry ons 'n lekker tafel en die eerste drankie word bedien.  En ons gesels en gesels en gesels en later wonder ons of die outjie onthou het van ons.  Daar is nie veel mense nie, dit is 16:30.
Ons wag nog 'n bietjie tot Elle se ongeduld inspring. 
Ons bestel, en wag en wag en wag... geen kelner wat vra of ons nog iets wil drink.  Ons wag nog so 'n bietjie tot Elle se ongeduld weer 'n keer inskop. Hierdie keer bietjie minder geduldig.  Die mannetjie vra omverskoning, maar daar is so 'n klein krisissie in die kombuis.  Ons wag. En wag.  Jammer, julle kos sal oor 'n paar minute gereed wees.
Landi se vleis het die verkeerde sous oor.
Ek het vir gebraaide aartappels gevra saam met my wild, nie gekry.
Ons moet weer van vooraf wag vir die braai aartappels en Landi se kos wat sy bestel het.
Maar die kos was geurig. Die vleise sag.  Ek eet die Big Five wat bestaan uit vyf verskillende soorte wild, eland, warthog, bobbejaan, leeu en olifant..  giggles.. nee ek weet nie wat dit was nie, maar dit was heerlik sag en geurig. Elke stuk vleis het sy eie sous oor, bessie, mosterd, peper ens ens.
Later kom my aartappels.. heerlik gebraai. Omdat ek verjaar, kry ek 'n sjokolade mousse met Happy Birthday in sjokolade geskryf op my bord.  Baie oulik.
Maar die tyd is Afrika-tyd en ons is nooit weer gevra of ons iets wil he om te drink.
Ek sal weer gaan, maar as ek weer so moet wag, roep ek die bestuurder.   

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version