Voorstelle en klagtes > Baie geluk... Baie welkom

Gawelientjie se Anchen.

(1/4) > >>

PM:
Baie geluk Gawelientjie, aan jou en Anchen, met die pragtige matriekresultate.  Anchen, ons hoop jy gaan baie gelukkig wees by Kovsies en so besig wees dat jy skoon sal vergeet om huistoe te verlang.   :icon_biggrin:

Ek verstaan julle het 'n "sakdoekie" opgespoor wat darem groot genoeg is vir die verdrietigheid.

Trapsoetjie:
 :hello2: :hello2: :hello2: Baie geluk. Dis nie die einde nie, maar eerder die begin van die res van jou lewe.  :hello2: :hello2: :hello2:
 :angel12:

Meraai vannie Baai:
Baie baie geluk ook van ons kant af nooi! Weet jy gaan geniet en ek het my plekkie geboek vir die vertellinge en sneppies wat gaan kom. Veral die grootgroet en daai 'sakdoekie' se uithaalslag  :toothy4: Sterkte met alles wat vir jou wag op hierdie splinternuwe hoofweg op jou lewenspad  :love7:

Naas:
 :hello2: :hello2: :hello2: :hello2: :hello2:
Ek is so bly ek ken vir julle mooi, slim mense.
Die pad vorentoe sal vol op- en afraendes wees maar die rose langs die pad sal altyd in vol blom staan vir julle.
Geniet die nuwe uitdagings. (ook die skeiding is nie altyd sleg nie!)


 :icon_bigsmurf:

PM:
Gawelientjie, kom vertel van die "sakdoekie".

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version