Moenie die trane terug hou nie - dis soms net so geneesend vir die een wat siek is, as die een wat huil oor haar/sy pyn ... God het trane met 'n rede geskep!
Ons dink altyd ons moet sterk staan by iemand wat terminaal siek is - dis nie waar nie! Hulle het ook nodig om te weet hoe ons voel. Hulle sal dan die vrymoediheid he om ons te wys hoe hulle werklik voel ...
my lewenspad (ook my beroep) het my tale kere met hierdie hartseer van die lewe laat kruis en ek het geleer om niks terug te hou nie ... huil en huil eerlik - lag en lag eerlik ... dis belangrik ...
my pa het leukemia gehad - op 55 gesterf ... ek onthou hoe ek en hy nog saam gehuil het oor die diagnose wat so groot skok was , hy was in sy lewe nooit siek nie en toe hy eenkeer siek word, toe is dit 'n doodsdyding. Maar ons het ook lekker gelag .... soos toe hy gese het hy gaan 'n sportmotor rolstoel kry om my so gou moontlik die preekstoel te kry - trou en klaar - dat hy nie meer oor my oef te worry nie ... ha ha ha - ek had a strink kerels in 'n ry wat wou trou - maar ek wou nie ... en my pa kon so lekker spot .... selfs al was hy in baie pyn .....
yip ... huil ... openlik en eerlik
yip ... lag .... openlik en eerlik
die mens wat siek geword het, is nog net so mens soos ons wat gesond is
die mens het ook nodig om tuis te voel by ons en kan nie as ons skielik nie ons self kan wees nie