Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on February 06, 2018, 10:52:13 PM

Title: Alles is sopnat
Post by: adele on February 06, 2018, 10:52:13 PM
uit my seepkissie van vier jaar gelede 2014

om die dag te groet
het die natuur
sy wolkkombers ingeboet
en sonlig gestuur
duisend druppels dou
hang skitterblink rond
en grondeekhorings grou
wortels rond en bont
alles is sopnat
na vyf dae se reën
maar ons gaan nie kla
oor die Here se seën


©adéle theron
Title: Re: Alles is sopnat
Post by: Meraai vannie Baai on February 14, 2018, 12:39:35 PM
Ek ruik die seeninge   :love7:
Title: Re: Alles is sopnat
Post by: PM on February 18, 2018, 08:16:58 AM
Pragtig matertjie.  Ek geniet jou skrywe soveel meer omdat dit hier by ons ook lieflik groen is.   :hello: