Author Topic: Ceres karoo deel 3  (Read 8056 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Ceres karoo deel 3
« on: September 14, 2011, 07:32:26 PM »
Deel 3


Ry toe vêrder na Albertus se swaer se plaas. Sy swaer woon en werk in Stellenbosch en hou die plek aan soos iemand ’n strandhuis sal aanhou. Elke naweek en vakansies kom leef hy hom uit daar op die plaas. Daar was geen vee die afgelope 5 jaar nie en die veld het goed gerus. Dit was ook voorheen nooit oorbewei nie. Daar is ’n woonhuis en so 2 km van die huis is ’n stoor. Genoeg water ook.
By die een hek is die plante geplant.



In daardie omgewing groei nie bome nie. Hulle het daar heelwat doringbome en ander bome en struike aangeplant langs die pad na die huis toe.

Die braaiplek is agter die deur.  Onderdak en aan 2 kante beskut teen die wind en weer. Ons het ’n perfekte stil aand gehad.



Die huis het die basiese benodighede en het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Kombuis is daar ook en dis dit. Ligte werk van batterye af.







Ons het ons goed afgelaai en ’n draai op die plaas gaan ry en pragtige blomme beleef. Was baie interessant saam met Albertus want hy ken al die plante se name en die geskiedenis van die omgewing.












Boesmanboude?





Grensdraad



By die stoor onderdak staan 3 vasbyt Bedford’s wat hy nog wil restoureer. 2 Troepies en een sleep voertuig. Die bye het ook al nes gemaak.








Ou vaaljapie staan ook daar en wag vir aandag.



Die stoor en die huis staan in die vlakte vêr van als en naby aan niks.










Die foto wys hoe die veld weerskante van die draad lyk, die een kant is min gewei in die verlede en 5 jaar glad nie en die ander kant links is die veld redelik oorbewei en uitgetrap.





Blomme waar jy kyk








Ja, hier staan die Hilux nog sonder probleme











deel 4 vervolg
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ceres karoo deel 3
« Reply #1 on: September 15, 2011, 01:24:31 AM »
Jou klikbekkie-bewyse altooslik deur 'n oogfees vir ons Stoffel!!  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ceres karoo deel 3
« Reply #2 on: September 15, 2011, 05:25:52 AM »
Wat 'n skoonheid!  Soveel prag in die dorre, klipbesaaide aarde.  Pienk pienker as pienk en rooi rooier as rooi.   Alles is so fraai, alles is so mooi. 

Soveel skatte, sommer net so gelos.  Ek het net die regte plek om daardie stofie hier by my in te bou en daai kopertrog met die kraantjie aan sal perfek hier pas.  Die strykysters kan dien vir deurstoppers.  Ag, wat 'n hartseer storie - 'n plaas sonder 'n baas.   
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Ceres karoo deel 3
« Reply #3 on: September 16, 2011, 09:58:38 AM »
Sjoe ek is MAL oor jou fototjies!!
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ceres karoo deel 3
« Reply #4 on: September 16, 2011, 10:48:29 AM »
Dit is altyd prettig om saam met Lox te toer.  Hy is voorwaar 'n goeie toergids.  As jy eendag naby die Kaap is, gaan saam met Lox op 'n wyntoer.  Dit is 'n fees! 
As jy mal is oor rosyntjies, stroopsoet en kraaklekker, of konfyt, koop by Mev. Lox, jy sal  noooooit spyt wees nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Ceres karoo deel 3
« Reply #5 on: September 16, 2011, 02:38:22 PM »
Pm dankie vir die kompliment en die advertensie.

jyt net vergeet om te vertel hoe lekker ons wyn smaak.

ek en mev lox wonder al hoe verkoop jou broer/swaer se konfyt in die winkel?

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ceres karoo deel 3
« Reply #6 on: September 16, 2011, 04:29:30 PM »
My broer verkoop opvoedkundige materiaal.  As jy op die Cairoo skakel druk hierbo, dan sal jy sien.  My seun verkoop radiobeheerde speelgoed en alarmstelsels asook sekuriteits kameras. Druk op die Models and All skakel om by sy webtuiste uit te kom.  My dogter se skakel kort nog, sy plak en verf naels en vryf hande en voete.  :icon_biggrin:  Ek en my sus het die konfyt gekoop vir kersgeskenke maar ons het al die helfte uitgedeel en die ander helfte self opge-vreeteet.  Sy bestel sommer nou weer 'n dosie van 24 klein botteltjies appelkooskonfyt asseblief.  Sy sê dit is die heerlikste konfyt uit en uit.  Ek betaal haar solank met appelkooskonfyt elke keer as sy my hare kom sny. 
Hannes wil 5 hange wyn hê. (20 dosies nê?) Ek adverteer nie die wyn nie, ek is bang die ander ouens koop alles op en dan is daar niks vir ons nie.  :bootyshake: 
Die rosyntjies is nog genoeg.  My skoondogter bêre vir my al die purity botteltjies.  Ek maak dit vol rosyne en pak dit in die vrieskas.  Dit kom oor my roomys en vla.  Njam-njam-njammies!
Hannes se tegnikus kom die 19de September Kaap toe vir 'n week.  Hy sal met hom reël om daar langs te ry en dit op te pik.  Skoonsus sal weer vir jou haar konfyt oorbetaal en Hannes sal weer ons rekening oorbetaal. 
Stuur net die "rekeningkies". 
As jy wil hê Hannes moet die res van die boek se geld daarvan aftrek, spreek net die woord.  Jy het R1200.00 hier in die bank vir die boek.  Sê asseblief vir my hoeveel boeke jy wil bestel. 
Nou ja toe, sommer hier onder Ceres, Karoo 3.   :icon_biggrin:  Ons wil mos adverteer.  Wie verkoop nog wat? Ons sal 'n paar flitsliggies daarop gooi. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Ceres karoo deel 3
« Reply #7 on: September 16, 2011, 04:36:48 PM »
PM
goeie en slegte nuus
die konfyt is  nou op en ons sal eers in Desember weer kan appelkoos konfyt kook wanneer die appelkose ryp is.
die aarbeie het nou so effens begin dra en die aarbei konfyt sal eers later gekook word, ons sit die kook aarbeie in die vrieskas tot daar genoeg is vir kook.

Sal vir vroulief solank seg van die 24 appelkoos.

die goeie nuus is die stange wyn, dis gewoonlik altyd beskikbaar. jys reg 5 stange is 20 boksies.

Wit of rooi ?


Rosyne maak ons weer in maartmaand, maar hier is nog so paar in die vrieskas oor.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ceres karoo deel 3
« Reply #8 on: September 17, 2011, 05:14:34 AM »
 :icon_biggrin:  Ek het gedink ek het die kat aan die stert beet, dit moet stange wees!   :icon_biggrin:

Dit is die rooiwyn dankie. 
Ek glo skoonsus sal wag vir die appelkose om ryp te word.  Sal hoor van die aarbeikonfyt. Ek het darem nog 'n paar groot botteltjies.  (Dit weerspreek mekaar, die twee woorde  -  groot botteltjies -   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.