Die Biblioteek > Wenke wat werk

Gebakte eiers

(1/3) > >>

Terry:
Kyk nou net hoe maklik en mooi jy jou eiers kan bak.  Ek dink dit is 'n baie goeie idee en sal dit self probeer.  Ek dink die soetigheid van die peper sal nogal goed met die eier werk.

PM:
Werklik 'n uitmuntende idee, dankie Terry. 

Meraai vannie Baai:
Kom loer ek ook saam ons gas hier in, en nou is daar nie verdere aanwysings of foto by die plasing nie.
 :dontknow:
Baie nuuskierig om te sien hoe die eiers gaargemaak word!

PM:
Jy maak die pannetjie waarin jy die eiers wil bak warm en plaas 'n bietjie botter of margarine daarin.  Sny die pepers in ringe en breek 'n eier in elke ring.  Bak dit dan tot gaar.  Ek plaas 'n deksel op sodat die eiers bo ook gaar kan word, maar baie mense hou daarvan sag en loperig. 

Meraai vannie Baai:
 :hello2: :notworthy: Ek gaan beslis probeer! Sal fototjie neem as ek dit regkry  :icon_biggrin:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version