Digkuns > Digformules of -strukture

Personifikasie Struktuur

(1/3) > >>

Meraai vannie Baai:
Personifikasie ('n vorm van beeldspraak) kan ingespan word om natuurverskysels/diere/plante of abstrakte voorwerpe, toe te dig met menslike eienskappe. Dit is een van die digter se geurigste kruie en speserye.

Insomnia
Hekse in stergewaad
verrys vanuit gapende grotte
slu swaai towerstokke onverpoosd
slaap verdwyn; sluip tussen donker skare
van sekondes, minute, ure en sterf dag vir dag
in triomferende sirkelgang          nimmereindigend

Asemdief
As ongenooide gas
het jy jouself stil-stil kom tuismaak
in hartskamers en longare is lewenskwaliteit verkrag
sonder kaart of transport het jy terminaal teen (m)ure geverf
met organiese plundertog word elke asemteug geboeie agtergelaat
en in appèlhowe ontvang jou verslae slagoffers hul lewenslange vonnisse.

Uitslag: (Ab)normale selle
Daglig -  slegs 'n tonnel
na die duister van onsekerheid
en vrees - 'n serp, geweef
met die laaste kleure van die son
wat wurg om menswees krom;
die maan - 'n sekel teen die hemel...

Rolbos tolbos
Winde uit vergange pluk verwoed
aan snare van tolbos emosies

wat prikkend, steeks bly kleef
teen menswees-heinings broos

waar onkruidgedagtes
stekelrig opgehoop, vrede verlam

maar laatreën baar weer seën
en hoop ontkiem vlindersag uit die niet.

© Meraai vannie baai

Naas:
Pragtig. Ek sal moet slaap oor die een.  :hello2: :love7:


 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
My plek geboek Naas  :notworthy: by voorbaat dank  :icon_salut:

Meraai vannie Baai:
Hierdie twee strukture was saamgestel uit 'n bydrae wat ek op FB by die asemdief-blad wou plaas en toe daarteen besluit het omdat dit  te persoonlik gevoel het  :icon_biggrin: Vanoggend het ek die moed bymekaar geskraap en dit wel geplaas, asook by die PH artikel hier op die forum.

Naas:
Snoesig toegevou in 'n Hoopkaros
trippel hartseer lyne
vanoggend
deur my beenkamer
terwyl omgee kinders
emmers water
deur oogvensters stort.


 :icon_bigsmurf: :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version