Hier is my poging vir Naas se gedigstruktuur – Tru-vers.
Die eerste vers lees van onder na bo in die laaste vers.
Suidoos - Woedekind
A1 Jy ruk en pluk aan my nate...
B1 hoekom is jy so kwaad?
A2 om kalm te bly is ‘n bate,
b wat sal kwaadwees tog baat?
c jy jaag verwoed oor die water,
a dryf die sand af in die strate,
c al hoe later, al hoe kwater
A1 ruk en pluk jy aan my nate. (Eerste reël van vers een herhaal.)
d Jy huilgil deur die vensters
b in doller as kopaf vaart
d en klits alles om jou flenters.
B1 Hoekom is jy so kwaad? (Tweede reël van vers een herhaal.)
e Die geloei stem my so onrustig,
a seer met verlange, verlate,
e totaal opgewerk en ontstig.
A2 Om kalm te bly is ‘n bate. (Derde reël van vers een herhaal.)
b Jy is soos ‘n woedevraat...
A2 om kalm te bly is ‘n bate. (Derde reël van vers een herhaal.)
B1 Hoekom is jy so kwaad? (Tweede reël van vers een herhaal.)
A1 Jy ruk en pluk aan my nate... (Eerste reël van vers een herhaal.)