Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Ans Botha se plek => Topic started by: Ans Botha on January 20, 2016, 09:46:54 AM
-
Ek het vroeg in hierdie jaar begin met nuwe voornemens en daar stop my regteroog my. 'n Ding het oor my oog gegroei binne drie dae kon ek niks sien nie. Ek sien vanmiddag die spesialis. Ek doen nog my ding maar my brille is mos nou nie aangepas vir een oog nie, en ek glo dit sal nie nodig wees nie. Ek bid klip hard dat hulle die ding kan verwyder en ek nie nodig sal he om ander brille te kry vir die kosbare oe van my nie.
Maar ja 'n mens dra jou oe en ore saam met jou deur die jare en besef nie hoe kosbaar hulle vir jou is voor jy dit amper verloor nie. Of dalk het ek.
-
Ek hoop jy het teen hierdie tyd meer inligting Ans. Laat weet asseblief wat die uitslag is.
-
Lees ek nou agterstevoor... by die tyd is operasie al agter die rug en ons wag op gunstige verslag :)
-
My oog is Januarie verlede jaar geopereer. Dit was 'n sukses behalwe dat my sig verander het van goed sien na naby sien. Februarie hierdie jaar word my linker oog ook geopereer. Gelukkig nie so 'n groot operasie nie, maar ek herstel nog en dit gaan goed. Anders as verlede jaar wat ek in 'n gat geval het na die operasie voel ek na die een goed. Ek is lus weer vir skryf. Ek eksperiminteer nou eers met ou goed wat ek geskryf het, dan gaan ek weer die wiel aan die rol sit. Hoop dit gaan goed met almal van julle hier.
-
Ag pragtig! Liewers laat as nooit nê? (Ha-ha)
Hoop dit gaan sommer gou baie goed matertjie.
-
Oee ek mis julle vreeslik Ek is darem nou weer reg. Na my tweede operasie gaan nou eers kyk wat doen julle hier rond.
-
Mens se oë kan jou lekker opkeil jong. Ek weet presies hoe dit voel. My regteroog ook nog nie reg, na eerste detached retina operasie nie. Sal ook seker maar weer vir 'n opvolg een moet gaan.
Hoop teen die tyd is jou oë heeltemal gesond.
:love7:
-
My retina is reg maar die maklike operasie waar net 'n katarak verwyder en 'n lens ingeplant is gee die meeste moeilikheid.
-
Ek hoop dit sal gou beter word. Ek sal dit nie oorleef as ek nie kan lees nie.
-
Pm dit gaan baie beter met my dankie Ek kan darem sien wat die belangrikste is.
-
Ek is baie bly. Van al my sintuie dink ek sien is vir my die belangrikste. Nou nie dat 'n mens eintlik sonder een wil klaarkom nie. :dontknow: