Woordskuur > Verskombuis

"Kom-proe-saam-poësie"

<< < (2/4) > >>

Meraai vannie Baai:
Lorraine: Kaal(gat) kos:
Ek kou elke keer
my polse as ek iets
in 'n degie wil braai!
As ek klaar is,
lê al my degies
binne die pan,
en my kos
is kaal(gat)!
TGG ©

JJordan: pikante affêre
toe vinkel vir koljander met fennel vang vry
raak die twee gekrui en aan’t kasty
toe het almal fyn en flenters geval
het nie een spesery meer op die rak gebly
©

bek vol jam
vars gebakte brood
ouma se korrelkonfyt
kraak-soet-lekker-hap
©

proe...
Uit Rudi se proe, proef en probeer inisiatief!
beter as
Jamie & Nigella
en die Food Channel se gespys
pikant en keurig gekrui
proe ek jy
ou traanoog ui!
©
ns: Ons duld nie die tong van Hilda de Kock!

BERG:
wat wil jy hê
vra sy my terwyl
sy my in die oë kyk
haar hand bewe effens
ek dink dit is
haar eerste keer
ek hou daarvan sag
dit moet smelt
in my mond
maar tog ferm wees
meneer sê sy
ons fillet is die sagste
en smelt op die tong
en as meneer varser wil hê
sal ons die blêr
ook nog bysit
©

Rina Greeff: Vraag en aanbod
Die enigste stukkie
wors in die huis
verbrand sy
boos-astrant
pikswart
tot as
en
wonder
of dit die rede was
waarom hy
by die buurvrou
gaan eet het
en wat hy
en sý geëet het…
©

Rina Greeff: Want hulle éét so lekker…
Die skynbare sukses
van ‘n koek-en- tee
is die fyn balans
van genoeg riempielywe
wat hul neusoptrek-nee
aan al die soete verleiding kan gee…;
van genoeg van die voller figuur
wat die roomvol-mond
skuldig met die mou afvee…
As al dié “left overs”
van skuldgevoel se skelm sluk
die gasvrou keelvol laat verstik,
sien sy met skok die “out-size”
label op haar eie broek gedruk…
Daar‘s geen suksesvolle koek-en-tee:
daar is net tee…!
©

Meraai vannie Baai:

Meraai vannie Baai:


Die pad na 'n man se hart loop deur sy pens
so word vertel; maar ek verskil van hulle.
Die pad na Outop se hart loop deur sy lens!

PM:
Hierdie bydraes is ook kosbaar verby Raaitjie.  Baie dankie matertjie, dit het weer groot pret verskaf. 

PM:
En hier stap 'n baie tevrede gas weg met 'n hele uitgedrukte resepteboek!  Ek wens die gaste wat die forum so geniet en gebruik wil kom lede word en saam gesels. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version