Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Ans Botha se plek => Topic started by: Ans Botha on September 13, 2013, 05:42:10 PM

Title: Waai wind
Post by: Ans Botha on September 13, 2013, 05:42:10 PM
waai wind
oor vlaktes, veld en berge
loei om skeure voue en mure
tel stof, tolbossie en blare op

waai wind
hardloop deur landerye en boorde
vorm warrelwinde op oop paaie
neem jou tregtervorm stof hoog bo die aarde

waai wind
maak jou draai oor damme en see
skep met lus tregters vol water
bring bymekaar in ope hemel

waai wind
vorm groot donderwolke
neem hul saam na dorstige lande
waar groot druppels op dorre velde kan val.

© ANS BOTHA
Title: Re: Waai wind
Post by: Fransi on September 13, 2013, 09:59:38 PM
Ek beaam beslis hierdie mooi woorde. Ons kon vandag die reën in die lug ruik, maar dit het nog nie kom val nie. Die arme dam lyk maar baie leeg, maar ek hoop en glo dat hierdie lente en somer nattigheid sal bring.
Title: Re: Waai wind
Post by: PM on September 14, 2013, 09:07:59 AM
Pragtig geskryf Ans. 
Nou kry ek skoon skaam omdat ek die yswind wat hierdie week gewaai het weggewens het.   :icon_biggrin:
Title: Re: Waai wind
Post by: Angelica on September 15, 2013, 05:46:25 AM
Hou sommer baie hiervan.