Die Afrikaanse Forum
Die Biblioteek => Die woordmandjie/Skrywers-skatkis => Topic started by: Meraai vannie Baai on January 23, 2013, 02:35:42 AM
-
There's a lie in believe, and over in lover, and end in friend, an us in trust and an if in life ...
Kan ons so iets in Afrikaans skep vir die woordskuur? Kom help groot assebliefie :love7:
:crybaby2: Die ui in lui laat my oge traan!
-
Is dit min of meer wat jy wil hê? Ons kan groot pret hê met hierdie speletjie Raaitjie.
Ek sien laf in lafaard, maar die laf in lafenis het 'n ander betekenis.
'n Os in kos en ook 'n os in bos.
Daar klop 'n aar deur waar, maar daar vloei ook 'n aar deur swaar.
Daar's 'n ma in ouma en'n pa in oupa.
In blink rus ink, maar dit lê ook in stink en
Klaas Geswind word gedryf deur die wind.
Daar's 'n aap in swaap, maar tog kry jy dit ook in slaap.
Hier lê raak in wraak, hoekom dan gif in vergifnis?
-
Atta pattata, ek lief ons taal. PM staan nader .... :love7: :hello2: :notworthy: :icon_salut: dit is boektoe-perrrfek!!
-
Dit sal maar eensaam wees daar op 'n blaadjie sonder julle bydraes. Ek wag! :icon_biggrin:
-
Toe speel ek nog:
moor skuil in versmoor
wat soek sies in presies
daar is raat in praat
'n luit in fluit
en roet in gegroet
'n uier in kuier
gom in bruidegom
tee in steek
eet in skeet
gal in galant
-
:love7: :hello2: :book1: :notworthy:
En ekke dans ewe opgewonde die foxtrot (nes die rot en die fox) op sewe plekke. Moenie begin sweet en dink dit is 'n aardbewing nie - moes jou net jubelende laat weet: PM, jy is die diamant in die ring van doring!
:icon_scratch: Net so tussen jou en my - wat maak 'n ma en pa in spasma en hoekom bewe die res van die gesin met eer as hulle ouers iets probeer besweer? Die eer in beheersd en eerlik kan ek nog verstaan, maar krap alweer kop oor die voorkoms daarvan in eers en smeer. Waarheen vaar die een as daar gevaar heers en dalk sal iemand wel vir ons kan beduie wie de duiwel is die ou in blou wat rou in mevrou?
Woordmatertjie, ek wonder hoeveel mense weet giggels word in 'el' gemeet en wat weeg ons wanneer ons beweeg? Wee' jy dalk presies hoe dig is die moed van 'n weemoedige en wat raak op as ons stop? Ek verstaan ook nie mooi hoe daar 'n os in brose kan pas nie!
Assebliefie my lief, dan wil ek ook graag weet watter soort tertjies eet kaboutertjies en hoekom is daar van 'ou ertjies' ter sprake hier? Ek wonder of iemand al die uil kon hoor of sien as hulle huil van 'n ui? Hoe arm is warm en wie lek regtig alles wat lekker is?
Eish! Nog iets wat my onderkry - het jy ook al gewonder hoekom is daar 'n tong in biltong, en hoe lyk die ot in 'n grot? Hoe verklaar ons die ton van geluk, in 'n ongelukstoneel? Wie gaan uit as mens iets besluit en wie trek weg as een intrek?
Daar is darem een ding waaroor ek nie hoef te top nie, want my Outop is 'n bedrewe tegnikus op die gebied van be(h)koorlik kus; daarom sing my kop nog steeds as dit die kussing raak saans en dan weet ek - die dierbare ou monster van my, is 'n ware ster!
:headbang: :`ip2:
-
Ato potato Raaitjie. :hello2: :notworthy: Jy het uitstekend gevaar! Ek haal my hoed af vir jou! :icon_study:
-
Dankie baie baie PM, ek het dit so geniet, wou nie ophou nie. Vanoggend gee Outop vir my die ene:
Raai wie is die klikbek in maklik? :angel4:
-
Dit is pret! Daar is nog soveel woorde (oorde) wat net lê en wag (ag) om op 'n lysie te staan. (taan)
Raaitjie, dit is nou pret met die alfabet! :icon_biggrin:
Sê vir Outop, dit is ma wat die klikbek is. :dontknow:
Die hele tyd nog dwaal hierdie deur my gedagtes: die diamant in die ring van doring
-
Oe ekke lieffff jou passie waarmee woeker matertjie. Ek het gewonder HOE kan ek vir jou dankie skryf dat jy kan weet WAT dit vir my beteken en toe sien ek die diamantjie skitter in 'jy is 'n doring' en die res ...wel ... dit pronk nou hier as bewys - PM, jou erfie en jy, is tops!!
-
Ai, ek sit nog en wag!
Dikwels dan tel my onderbewuste iets op en stoor dit, dan, wanneer ek "stil" raak, kom lê hy dit vir my in my skoot. Met 'n helder prentjie daarby! Dan waardeer ek dit werklik.
'n Paar jaar gelde het ons vriende gehad waarvan die seuntjie, toe net in graad 1, vreeslik klei getrap het. Toe ons hulle ontmoet het, was Danie al sy tweede jaar in graad 1. Danie was hiperaktief, maar daar was niks met sy breintjie verkeerd nie. Ek bied toe aan om "in te sit" wanneer Alta met Danie huiswerk doen. Sy vra vir hom hoeveel is 2 plus 2 en dan dans die mannetjie op en af en swaai die handjie met die wysvinger en sê agterna: 2 plus 2 issssss, 2 plus twee isssss... dan gee Alta vir hom die antwoord: 2 plus 2 is vier Danie! Nou-ja, dit gebeur as "ma klik" dit maak kinders te lui om te dink, :icon_biggrin: en dit is nie maklik nie, of is dit? :icon_biggrin:
-
Ek gaan nou antwoord soos Marie Theron: Sy weet nie wat maak die oor en pronk in oorspronklik nie, maar hierdie ene van jou is oorspronklik verby PM ...dit gebeur as "ma klik" dit maak kinders te lui om te dink, en dit is nie maklik nie, of is dit?
-
Ek wag geduldig om te sien wat jy nog kom aandra Willa. Dit is 'n lekker speletjie. 'n Mens kan as jy wil en ek sien juis die wil in Willa. :icon_biggrin:
-
Die kla in klater, wag maar tot later!
Daar skuil 'n oord in woord en moord, maar nie in brood nie.
Ouderdom is oud en dom, maar 'n idiot het dit uitgedink want oud is wys, nie dom nie.
:icon_scratch: :angel4:
-
hartaanval - die hart val aan en jy val neer :angel12:
-
Daar skuil 'n oord in woord en moord, maar nie in brood nie.
Ouderdom is oud en dom, maar 'n idiot het dit uitgedink want oud is wys, nie dom nie.
:`ip2: Ditto Willa - waar 'n wil is, is daar 'n weg :toothy4: daar kruip dan eintlik 'n 'gryswys' weg in ouderdom!
-
Dankie Willa-la-la, :icon_biggrin: vir die aandra.
-
daar is ook 'n tor in motor, ek wonder watse storie JanDink rondom die tor sal bedink?
-
*Saamgestelde woorde wat my laat dink/glimlag.
Hoop nie ek is eendag so tevrede met my lewe dat ek as dood beskou word nie!
(doodtevrede)
Is Tom die enigste naam wat mens in 'n vers kan gebruik as jy baie verbaas is?
(verstom)
Staan mens agter omdat jy dog ander sal dink jy's voor op die wa?
(agterdog)
Wat laat mense ewe goor voel op 'n sekere gedeelte van die aardbol?
(ewenaar)
Waarmee word daar geweef in 'n sel?
(weefsels)
Hoe klein of groot is die aks wat ons soms klim?
(klimaks)
Soos wat klink klaar vir jou?
(klinkklaar)
Wat is so erg dat as jy dit sou mors, dit jou kan laat sterf?
(morsdood)
Wat smoor mens as jy baie boos word?
(smoorkwaad)
Hoekom kan ons nie 'boerboel' ook gebruik in die plek van 'n intensiewe vorm van naak nie?
(poedelnaak)
Is die Skotte dan die enigste vryerige nasie?
(skotvry)
Waar kom die splinters vandaan as die artikel nog nuut is?
(splinternuut)
Wat word gestapel deur gekke as hulle koppe begin raas?
(stapelgek)
Hoe lyk 'n stok wat flou is?
(stokflou)
Leef die suinige vrek nog?
(vreksuinig)
-
My hond le en droomblaf op die bank.
-
Marius ek hoop nie hy storm ook in sy slaap op net om homself te pletter teen die muur te loop soos in daardie videotjie wat die omloop hier gedoen het nie :`ip2:
-
erm, nee, sy is n Boerboel, hulle issie so stupid nie...wel miskien as sy van 'n kat droom...
-
Lees ek nou weer deur ons spelery met woorde. Juis gister gestaan en dink aan die verskil wat 'n spasie tussen woorde kan maak. Dink toe spesifiek aan 'verskoning' versus 'vers koning'.
:icon_biggrin: :headbang:
-
Hierdie is regtig 'n prettige speletjie in die sandput. Ek hoop almal het gou lekker handjies gewas en ge-eet. Ek wag vir julle! :love7: