Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Die Inligtingkantoor => Topic started by: Stof on July 05, 2011, 05:06:43 PM

Title: Forumstakings en Murphy se kabels
Post by: Stof on July 05, 2011, 05:06:43 PM
So gebeur dit toe dat ons geliefde forum vir 'n paar dae snotneus gehad het.  Marcelle, die tegnikus kry haar weer aan die lewe.  Maar sy mond tot mond asemhaling hou net 'n rukkie, want Murphy druk toe weer 'n kurkprop in haar keelgat af.  Weereens vandag, Marcelle tot ons redding.  En die Forum leef weer.   Wereens dankie, Marcelle, jy is ons klomp taalgoggas se held!

Nou is die Forum se databasis weer lus om met ons te praat.  Al manier om die forum 'n hartlike welkom terug te gee, is om nou elkeen bietjie te kom saamkuier en haar te wys, ons wil haar lewendig he.

Ons hou die forum dop en sien uit na die stortvloed saamkuier en woordwerke waarmee die lede ons nou gaan verras.
Title: Re: Forumstakings en Murphy se kabels
Post by: Lox on July 05, 2011, 05:52:14 PM
nou ja toe nou kan ons weer laat waai