Bak en brou > Tradisionele geregte

Volstruisnekpotjie

(1/2) > >>

PM:
Jy benodig:

1 Kg Volstruisnek
4 Varktjoppies met vet aan
2 Groot Ui in skywe gesny
4 tot 5 Aartappels in kwarte gesny of gelyke hoeveelheid klein aartappeltjies met skil aan
2 Wortels in ringe gesny
2 Blokkies afteksel in 'n koppie water
Swart peper
Sout
30 mℓ olyfolie
1 teelepel droё koljander blare of hand vol gekapte vars koljander
1 teelepel droё tiemie of hand vol gekapte vars tiemie
½ teelepel Gemaalde Koljander
'n Halawe teelepel neutmuskaat  (nutmeg)  (o gaats, dit moet 'n halwe wees) julle weet mos ek drink as ek kook.
5 Naeltjies
5 Huisies knoffel gekneus
3 Loerierblare

So maak mens:

Verhit olie in swaarboompot, braai uie en knoffel in die pot tot deurskynend en verwyderl uit pot. Braai die volstruisnekstukke en varktjoppies tot bruin.  Plaas in 'n drukkoker en stoom tot amper sag.  Plaas die vleis terug in die swaarboompot en voeg die res van die bestanddele by en kook tot gereed.   Indien nog vloeistof benodig word gedurende die kookproses, voeg bietjie water by, maar wees versigtig om nie te veel water by te voeg nie.

Bedien met rys.

adele:
mmmm .... mmmmm .... lippe-aflek  klink dit vir my  :hello2:   :toothy4: 

Meraai vannie Baai:
Sekondeer Adele se kommentaar  :toothy4: :notworthy:

Assie:
Ek en Oupa would ook volstruisnekpot maak maar ons kry nie'n lang genoeg pot nie.

 :mumum:

Meraai vannie Baai:
Assie! Vra oupa om 'n gat in die deksel te boor.  :toothy4: Dit is nie skade nie - nek het maar min vlees om die been  lol. Volstruise is juis hardnekkige dierasies.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version