Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Bekgeveg => Topic started by: Naas on May 24, 2011, 10:39:49 AM
-
Son se oorhand skyn
en verjaag die winter kou
met goudsag strale.
(Wie gaan antwoord?)
-
Jas word opgehang!
Goudgeel strale wat ons kus.
Geluk bars na voor!
© :angel12:
-
Julle is warm nê! Klop hierdie een:
my skerm jul foto’s
laat die sonskitter helder
deur my vensters bars
-
Tweetjies hand in hand
los liefhê spore agter
op pad na bruilof
:icon_bigsmurf:
-
Eina, dit gebeur mos nie so gou nie! :icon_biggrin: Mooi Naas, dit is treffend.
Ek het al talle voorskrifte aangaande die haiku gelees en daar is soveel teenstrydigheid. Dit is asof 'n hele geveg en herrie losgebreek het hieroor.
-
voëltjies fluit hul lied
reendruppels bring vrugbaarheid
neste word herbou!
:angel12:
-
Mooi Trappies!
dis my somerjaar
met vrugte volrond geswel
kom geniet die maal
-
Saam smul ons lekker
aan sappig somervrugte
dat die sop so loop.
-
madeliefies swaai
kleurvol langs wolkeskadu's
vroegsomer lag saam
-
hitte stoot deur die
blare van weet hier is mos
‘n oorvloed liefde
:angel12:
-
En ek druk jul vas
in voorsomer liefdestyd
met warm vriendskap
:icon_bigsmurf:
-
eish dit raak al moeiliker om nie te rym nie...
blink skoon blou lug bo
prag groen weelde vorm mooi
somer wat hier bly
:angel12:
-
Wat 'n verrassing toe ek hier inval en ek sien hoe lekker almal saam speel, nes tjinnertjies in die modder! :icon_biggrin:
Julle is witwarm.
Naas, jy kan ons maar altyd so lekker vasdruk hoor! :love7:
-
kom somer van ver
uit hoogste noordevleuel
niemand kan meer wag
ek kan sowaar nie aan somer dink in hierdie dae nie
:grommit:
-
Jy praat, as ek vandag my jas aantrek kry ek warm en as ek dit uittrek kry ek koud!
-
droog ons haikoes op
almal se penne is leeg
die jaar was te lank
-
Waar's die winter heen?
Ek sweet al van verlange
na 'n kaggelvuur...
Die wind huil stomend
en die lug dans deinserig;
energie kwyn stil.
Duiwels stook die son
en kraaie gaap ongeskik.
Hondetong hang skeef.
Drink water seg dok -
maar tog net nie te veel nie!
Hoe dan nou gemaak?
-
Hoekom het ek geweet dat jy die eerste ou sal wees wat antwoord met 'n string haiku Raaitjie. Wel gedaan
matertjie. :hello2:
-
Soos afrigteres
hits PM van die kant af
met klap en gewuif
Plaas dat sy gaan sit
en liewers vir ons kom wys
haikoes wat sy skryf
is haar pen dalk leeg
of jaag JC haar heeldag rond
tot haar haikoes waai?
:mumum:
-
Hiekerie diekerie dok
PM raak nou be...klok
As As so voor op die wa
Met katz en rottang aanja
ook vir een geskryf
Uit PM se eie pen.
(Omgekeerde Haiko)
:icon_bigsmurf:
-
Assie, dit was oom Naas se slim plan om haikoes te skryf en toe ek weer deur die lyne lees sien ek dit het opgedroog. Ek moes net so 'n klein klippie innie bos gooi en toe roer die blare! :icon_biggrin:
-
O, hier is oom Naas nou! :icon_biggrin:
:hello2: :hello2: Mooi Naas! Jy sorg altyd vir 'n laggie om die dag mee te begin.
-
Groot vreugde gewees die vinnige inloer hier heheheh. :notworthy: :love7:
-
oulik! ja, waar is die winter heen. die afstand ewenaar toe het hierdie winter gekrimp! :toothy4: