Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on December 09, 2012, 08:41:18 PM

Title: Vergeet se salf
Post by: Naas on December 09, 2012, 08:41:18 PM
Wanneer ek soms,
in die beenkamer van my huis ronddwaal
en wegkruipertjie speel met ek,
blyk ek verwonderd te word
deur die deurmekaarheid
van die store in die grysmassa.

Hoe kan logika so verward rondlê
in die gange van jare se opgaar?

Wanneer ek vergeet se hope afstof
en blink politoer vir onthou
kry ek seermaakgereedskap in die kaste
wat liewers op ‘n motorhuisverkoping hoort.

Dit waaroor my siel so struikel
en my tot opswelletsels toe laat val.
Waarom al die jare saamgesleep
deur selfgemaakte hel?

Dan die seer besef…
My beenkamer het nie ‘n uitgooideur nie.
Daar is net vergeet se stof
wat salwend neersif
om seer se onthou toe te maak.
En as ek ophou afstof…
dan vee vergeet die seerkry uit.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Vergeet se salf
Post by: Meraai vannie Baai on December 10, 2012, 01:09:51 AM
Die emosies wat deur jou lyne eggo is vir my keer op keer 'n ervaring wat geen geld kan koop nie Naas! Ek kyk vanoggend na my eie blinkgepoetse onthou's wat verward na my staar  :crybaby2:
Title: Re: Vergeet se salf
Post by: Fransi on December 10, 2012, 07:35:53 AM
Besonders geskryf.
Title: Re: Vergeet se salf
Post by: PM on December 10, 2012, 08:38:10 AM
Pragtig geskryf Naas. 

As daardie seer onthous by my kamer probeer insluip, maak ek die deure toe en laat hul in hul eie trane versuip. 
Title: Re: Vergeet se salf
Post by: Trapsoetjie on March 19, 2013, 08:44:30 AM
Nou toe nou. Dis ongelooflik.

Bly om te hoor dat nie net myne so lyk nie.  :icon_biggrin:

Baie goed verwoord  :icon_bigsmurf: Ek is so lief vir jou skryfpatroon.

 :angel12:
Title: Re: Vergeet se salf
Post by: Rainier on October 17, 2013, 11:45:52 AM
Baie mooi.