Woordskuur > Uit die ossewa se medisynetrommel

Gids vir die gebruike van Lennons

<< < (3/4) > >>

Meraai vannie Baai:
WOW. Adele ek gaan dadelik myse moeder laat weet van die turlington en kondensmelk. Weet jy in watter mate dit geneem/meng moet word?

adele:
hoe kon ek hierdie gemis het ... een blikkie kondensmelk en een botteltjie Lennon se Turlington, meng dit goed en sluk een telepel elke oggend. As jy reeds 'n seerplek het waarmee jy sukkel, sluk vir 'n paar dae een teelepel vol voor elke ete, drie maal per dag.

Maar weet, dit ruik-proe soos teer. Ek het myne in die vrieshokkie gesit, nou nog maar ek eet net af en toe, so twee keer per week daarvan ...Dan skep ek 'n teelepel so rondom, sit dit op my tong en sluk dit met melk of selfs vrugtesap af. dan proe ek minder daarvan.
Googloer bietjie en sien hoeveel mense getuig daarvan.

Meraai vannie Baai:
Kan nie help om te giggel vir hoe jou gesig lyk as jy die towermiddel sluk nie maar glo dat dit die moeite werd is.  :icon_biggrin:

PM:
Mal oor jou  "Googeloer" Matertjie. 

adele:
Bloos ek PM, Raaitjie ... maar proe maar. Weet julle, mens raak gewoond daaraan  :love7: 

Raaitjie, kry jul Lennons by jul ook?

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version