Author Topic: verkiesing  (Read 3121 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
verkiesing
« on: November 25, 2011, 08:15:13 AM »
ek sien SA gaan help in DRK met verkiesing

DRK vra SA se hulp met verkiesing
2011-11-24 04:00

    Artikelopsies
    Deel
    Kry Die Burger op

PRETORIA

Die Suid-Afrikaanse Weermag het gister met ’n reuse­-poging begin om te help met die verkiesing in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) toe sy eerste vragvliegtuie na dié land vertrek het.

Die poging gaan die weermag na verneem word nagenoeg R150miljoen kos, maar die uitgawes gaan hopelik later uit skenkersgeld terugbetaal word.

Intussen kan die weermag se vredesoldate in die Soedan weens die gebruik van die vliegtuie in die DRK nie na Suid-Afrika terugkeer nie.

Dié rotasie van soldate is nou reeds bykans twee maande lank vertraag, met die volgende groep wat ook reeds die afgelope twee maande by De Brug in Bloemfontein wag om hul makkers in die Soedan te vervang.

Die ministerie van verdediging het onlangs ten tyde van ’n besoek van me. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, aan die DRK om te kyk of die voorbereidings vir die verkiesing Maandag op datum is, gesê die DRK het ’n spesiale versoek tot Suid-Afrika gerig om te help met die verspreiding van stembriewe.

Meer as 30miljoen Kongolese gaan by nagenoeg 63000 stemlokale stem in ’n verkiesing wat volgens kenners op ’n mespunt is.

Die weermag het nagenoeg 1000 vredesoldate in die DRK, met nog sowat 100 ondersteuningspersoneellede wat met die onderhoud van die vliegtuie moet help.

Die lugmag het die meeste van sy diensbare vragvliegtuie, waaronder die Hercules C-130’s en Dakotas, sowel as helikopters gister begin ontplooi.

Groot gedeeltes van die DRK is slegs per vliegtuig bereikbaar weens die afwesigheid van paaie en groot afstande.

Die stembriewe is in Suid-Afrika gedruk en die tydige verspreiding daarvan is ’n groot logistieke nagmerrie, het mnr. Richard Cornwell, onafhanklike politieke ontleder, gister gesê.

- Die Burger


http://www.dieburger.com/Wereld/Nuus/DRK-vra-SA-se-hulp-met-verkiesing-20111124



die sensus wat oor hoeveel weke gestrek het was nie eers 100% suksesvol nie, hier in ons omgewing was tot nou toe nog niemand van die sensus nie. nou wil hulle in 'n ander land gaan help om 'n stemming op een dag te hou. nee wat ek smile maar net en skud my kop.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: verkiesing
« Reply #1 on: November 25, 2011, 10:04:46 AM »
Wat 'n klug!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: verkiesing
« Reply #2 on: November 25, 2011, 07:56:49 PM »
Absoluut, PM, Lox.
Afrika in al sy glorie.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: verkiesing
« Reply #3 on: November 26, 2011, 05:35:00 AM »
Hannes kan nie uitgepraat raak ook Sjina en Hong Kong se uitstekende treinsisteem nie.  Jammer ons s'n is opge-eet, uit gemors.
« Last Edit: November 26, 2011, 05:37:08 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: verkiesing
« Reply #4 on: November 26, 2011, 08:53:09 PM »
my broer was april maand in singapoer
hy sê wat die meeste opval is dat als skoon en netjies is en als werk perfek en die beleefdheid van die mense.

hy het besigheid klas gevlieg en die lugwaardin het hom dadelik op sy titel en van aangespreek.

sy vrou wa sop selfde vlug in ekonomiese klas en iewers op die vlug seg hy vir die lugwaardin hy wil gou agtertoe gaan en kyk of sy vrou ok is. seg lugwaardin: is dit die vrou wat in ry X en sitplek Y sit en sy het....sulke klere aan.

toe kom hy agter hulle leer voor die vlug die passasierslys se name.

eerste wêreld verby en ons sukkel om 3 de wêreld te haal.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: verkiesing
« Reply #5 on: November 28, 2011, 08:43:36 AM »
Ja dit is waar.  Skoon en netjies en hulle treinstelsel is net so uitstekend.  Dit is 'n fees om op die eiland te bly.  Daar is 'n gratis busdiens waar dit elke 30 minute voor die hotelle stilhou om toeriste na 'n hele spul besienswaardighede te neem.  As jy na die stad wil gaan is die treinstelsel goedkoop en blitsig.  Beslis die moeite werd.
Om te weet is om te verstaan.