Die Klaskamer > Meervoude
Meervoude
PM:
Meervoude
Hier is ‘n paar algemene reëls. Daar is uitsonderings.
As iemand nog reëls wil hê of iets wil uitklaar, laat weet asseblief.
Die AWS spelreël sê:
Die afkappingsteken word gebruik by meervoudsvorme op –s van naamwoorde en eiename wat op die vokaalletters i, o en u en op ‘n lang beklemtoonde a [a:] eindig.
Woorde wat op ’n i, o, u en ’n beklemtoonde a eindig.
Pa - pa’s
Ma – ma’s
Hier sal jy ook sien as jy die afkappingsteken wegneem het die woord ‘n ander betekenis – pas, mas.
Banjo – banjo’s
Mugu – mugu’s
Mini – mini’s
Kiwi – kiwi’s
Die a waarop pappa en oupa eindig is nie beklemtoon nie.
Pappa – pappas
Mamma - mammas
Oupa – oupas
Ouma – oumas
Letters van die alfabet.
A - a’s
L - l’le
Nog reëls vir meervoude:
Lang klank: Die enkelvoud het 'n lang klank. Dit klink asof die woorde "sleep". Wanneer die meervoudvorm uitgespreek word, het dit ook 'n lang klank. Hier sê die reël dat een klinker (o, a, u, e) weg val.
Boot - bote
Snaar - snare
Doos - dose
Poot - pote
Vuur - vure
Brood – brode
Greep – grepe
Kort klank: Kry twee konsonante. Hierdie klanke "plof" op die oor.
Kyk eers wat sê die AWS van die spelreël :
’n Konsonantletter word verdubbel indien dit tussen twee vokaalletters optree en die eerste vokaal (met uitsondering van i, u, en y, kort is en die hoofklem dra.
Met ander woorde, konsonantletters of medeklinkers, word soms verdubbel, wanneer hulle tussen twee vokaalletters of klinkers staan, om ‘n bepaalde klank te bewerkstellig.
Hierdie klank is gewoonlik ‘n “plofgeluid”. Kom ons kyk na “bome”. Die o in bome het ‘n lang klank. Nou wil ons van “bomme” praat waar die o ‘n kort plofgeluidjie moet maak. Om die plofgeluidjie te bewerkstellig moet ons nou twee konsonantletters of medeklinkerletters gebruik: bomme.
Lees nou weer die reël!
Kort klank: Kry twee konsonante.
Lob -lobbe
Bom -bomme
Mot - motte
Mes - messe
Lat – latte
Pot – potte
Wet – wette
Rob – robbe
Dak -dakke
F verander na w:
Dief - diewe
Graaf - grawe
Brief – briewe
Golf - golwe
Stof - stowwe
Wolf – wolwe
Die meervoud met behulp van ‘n deelteken:
Die reël:
Woorde wat in die enkelvoud op ee, i (wat nie deel van ‘n diftong is nie), ie of oe uitgaan en meermvoudsvorme met –e kry, word in die meervoudsvorm met onderskeidelik eë, ië, ieë en oeë gespel.
Ë word hier gebruik:
Knie – knieë
Genie - genieë
Kopie - kopieë
Drie – drieë
Profesie - profesieë
Alkali – alkalië
Fee – feë
Trofee- trofeë
Proe - proeë
Die reël:
By naamwoorde wat op g eindig, voorafgegaan deur e, ie, o, oe en oo, val die g in die meervoudsvorm weg en word ‘n ë bygevoeg.
G val weg – ë
Weg- weë
Vlieg – vlieë
Oorlog - oorloë
Knieg - knieë
Kroeg – kroeë
Voeg - voeë
Dialoog – dialoë
Boog - boë
Oog - oë
Ding word goed
Speelding - speelgoed
Eetding – eetgoed
^ Die kappie:
Sog - sôe
Rug - rûe
Brug - brûe
P ver ander in –de:
Hemp – hemde
Ook -ere en –ers:
Gemoed - gemoedere
Goed - goedere
Lam - lammers
Kalf – kalwers
Ook -ae:
Laag - lae
Dag - dae
Vlag - vlae
Maag – mae
Ook -te:
Gesig - gesigte
Wag - wagte
Kas - kaste
Lys - lyste
Teks - tekste
Kwas – kwaste
Y
Die reël:
Naamwoorde wat op y eindig, kry meervoudsvorm met –s.
essay – essays
bisley – bisleys
cowboy – cowboys
hierjy – hierjys
Onthou egter dat leenwoorde soos "whiskey, dandy en lady" ooreenkomstig die Engelse gebruik na "ie" sal verander.
Afkappingsteken (Apostroof):
In die verlede het ons foto’s geskryf. Nou kan ons fotos skryf want dit verander nie die betekenis van die woord nie.
Nog voorbeelde is kafees.
Hierdie reëls is volgens die nuwe Afrikaanse Woordelys en Spelreëls. (AWS)
‘n Maklike reël om toe te pas by die afkappingsteken, is om na die woord te kyk mét die afkappingsteken en ook daarsonder.
Pa’s word pas daarsonder.
Ma’s word mas.
Ja’s word jas.
Meraai vannie Baai:
Baie baie handige lys hierdie :bootyshake: :notworthy:
PM:
Ek het al vergeet dat ek dit geplaas het toentertyd. :icon_biggrin:
Meraai vannie Baai:
Kom toevallig vandag hierop af en GANIET. So goed soos my eie woordeboek in die pandokkie man :love7:
PM:
Lees gerus weer hierdie deur.
Daar is nog ouens wat sukkel met die volgende:
Lang klank: Die enkelvoud het 'n lang klank. Dit klink asof die woorde "sleep". Wanneer die meervoudvorm uitgespreek word, het dit
ook 'n lang klank. Hier sê die reël dat een klinker (o, a, u, e) weg val.
Boot - bote
Snaar - snare
Doos - dose
Poot - pote
Vuur - vure
Brood – brode
Greep – grepe
Kort klank: Kry twee konsonante. Hierdie klanke "plof" op die oor.
Kyk eers wat sê die AWS van die spelreël :
’n Konsonantletter word verdubbel indien dit tussen twee vokaalletters optree en die eerste vokaal (met uitsondering van i, u, en y, kort is en die hoofklem dra.
Met ander woorde, konsonantletters of medeklinkers, word soms verdubbel, wanneer hulle tussen twee vokaalletters of klinkers staan, om ‘n bepaalde klank te bewerkstellig.
Hierdie klank is gewoonlik ‘n “plofgeluid”. Kom ons kyk na “bome”. Die o in bome het ‘n lang klank. Nou wil ons van “bomme” praat waar die o ‘n kort plofgeluidjie moet maak. Om die plofgeluidjie te bewerkstellig moet ons nou twee konsonantletters of medeklinkerletters gebruik: bomme.
Lees nou weer die reël!
Kort klank: Kry twee konsonante.
Lob -lobbe
Bom -bomme
Mot - motte
Mes - messe
Lat – latte
Pot – potte
Wet – wette
Rob – robbe
Dak -dakke
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version