Author Topic: Shack....  (Read 10255 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Shack....
« on: December 12, 2011, 03:03:09 PM »
Ek was vir my diensplig in die lugmag, het op die aanloopbane gewerk. Ons het eintlik aanloopbane gebou of herbou.

Ons was dus naby aan die vliegtuie wat opstyg en land.



Die mooiste vliegtuig klank vir my is 'n Shakleton wat vol gelaai is en opstyg. Daardie 4 X Rolls Royce 12 silinder motors wat elkeen 2455 perdekrag ( 1831 kW) gee met die klank van die dubbel propellers wat hard werk in die wind om die gewig van om en by 100 000 pond ( 43 000 kg) in die lug te kry.......daars net een ander klank wat so klink en dit is 'n ander Shakleton wat opstyg. As hy verby vlieg klink dit ook mooi maar die opstyg klank is die beste soos die lemme in die wind klief en die 48 silinders grom soos hulle als gee.



Ek het altyd gewonder hoe lyk die Shack binne in en Saterdag het ek die geleentheid gekry. Was erg verbaas toe dit 100% anders lyk as wat ek kon droom. Dit is nie juis 'n normale vliegtuig uitleg binne nie want die Shack is nie 'n normale vliegtuig nie.

Die vliegtuig het 13 "crew" gedra en sy maksimum vliegtyd was 24 ure aaneen in die lug. Die maksimum wat een van die suid afrikaanse Shacks gevlieg het sonder landing was tussen 21 en 22 uur.


Die romp is baie smal want dis nie 'n vrag of passasiers vliegtuig nie. Hier is 3 sitplekke en 5 slaap banke. Die vliegtuig het nie lugversorging nie en raak maar benoud binne in. Op die regterkant kan 'n wasbak gesien word en daar was 'n klein "grill" waarop hulle kon kos maak.



Nogal interessant die asbakkies by die sitplekke.


die vliegtuig is 28,19 meter lank en vlerk span van 36,52 meter.

Voor die slaapbanke is die radar operateurs se spasie(tjie) Hulle kon op so iets soos 250 seemyl 'n eiland in die see optel met die radar.





Nog vorentoe is die navigator se werkplek



Dan kry jy die 2 sitplekke van die vlieëniers waar jy tussen deur stap en afklim by 'n trappie.



Hoof vlieënier se sitplek.  Glad nie maklik om daar in te klim en jou been ander kant die stuur stang te kry nie.



Op die volgende foto kan jy die een wat die bomme gegooi het se lê plek sien en hy het deur die bruin oranje glas gemik.

Hy het op 'n matras gelê. Bo hom het die kanonnier gesit wat 2 x 2mm kanonne beman het. In die vliegtuig is die gewere of kanonne uitgehaal. Die ruimte was maar vrek klein met glas weerskante en reg bo jou. Dit voel soos 'n "hot house." Geen lugversorging nie, en die kanonnier het nog 'n dik oranje oorpak aan gehad met helmet op die kop. Hulle het wel suurstof (lug?) masker gehad wat gehelp het met vars lug.



Hier bo steek iemand se bene uit wat in die beknopte ruimte sit. Daar was 'n deur agter die stoel wat toegemaak word en die persoon daar binne het nie juis beweeg ruimte nie.

agter die slaapbanke is nog 2 stoele wat ek nie afgeneem het nie. Weerskante van die vliegtuig romp was 'n patryspoort aan elke kant daar by die sitplekke wat die mense oopgemaak het om darem effens vars lug te kry. Ongelukkig vergeet om af te neem.

Verder agtertoe was die toilet en dan heel agter 'n matras met uitkyk plek om te sien of die bomme die teiken getref het. Hulle het darem nie net bomme gedra nie maar wel oorlewing voorraad ook en selfs rubberboot vir mense wat moeilikheid in die see het.



Hulle is gebou van in die jare 50 en die laaste een in Junie 1959.



Die uitsig agtertoe van die kanonnier se plek:



en wat die vlieënier sien wanneer hy links kyk



Die vragruim. Bomme en/of nood voorraad is hier in gehang en afgegooi wanneer nodig. Ons lugmag hy as ek reg onthou 4 reddings rubberbote gehad en een is verloor toe sy valskerm nie wou oopgaan nie.

Die 2 lemme agter mekaar, die een draai kloksgewys en die ander antikloksgewys. Die lemme se hoek is ook teenoorgestelde.





Pottie was 'n werktuigkundige op die Shacks. Ons het so bietjie met hom gesels. Hy was ook in die vliegtuig wat in die Sahara 'n noodlanding gemaak het.

nogal jammer ek kon nie heeldag met hom gesels nie. Ek glo hy het 'n arsenaal interessante stories  oor die vliegtuie waarop hy seker 30 jaar gewerk het.
« Last Edit: December 13, 2011, 06:55:11 AM by Lox »
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Shack....
« Reply #1 on: December 12, 2011, 03:50:57 PM »
Waar was jy in die Lugmag (Tussen '76 en '78 neem ek aan.)
Dalk Ysterplaat?






 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Shack....
« Reply #2 on: December 12, 2011, 04:58:55 PM »
Jan tot maart 77 valhalla

april 77 swartkop

mei 77 tot april 78 langebaan weg

mei 78 tot des 78 rooikop.

ons hoof basis was ysterplaat maar ons het gewerk waar nodig.

die lekkerste tyd in die lugmag was die paar maande in rooikop.

ek was by 402 AMU

ek was 'n masjien operateur. al daai pad bou masjiene, trekkers, pad rollers, wheeldozer, laaigraaf, ens behalwe bulle dozer en tonne puller nie gewerk nie maar wel net opleiding gehad op hulle. o ja ook nie grader gewerk nie en ook bie die paver nie. selfs kruiwa gestoot ook soms.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Shack....
« Reply #3 on: December 13, 2011, 04:35:18 AM »
Dankie vir die foto's en die inligting Lox.  Ons het vir djarre en djarre daar in Valhalla gewoon.  Gereeld die kinders lugskoue toe geneem.  Hulle gaan nog steeds getrou en geniet dit.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Shack....
« Reply #4 on: December 13, 2011, 05:40:40 AM »
o ja, hier is 'n foto my ek en my seun saam met Pottie.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Shack....
« Reply #5 on: December 13, 2011, 06:13:38 AM »
Jan tot Maart 77 - Valhalla
April tot Junie - Swartkop (Lugafweer)
Julie 77 tot Desember 78 - Ysterplaat (Adminkantore)
Ek het baie adminwerk vir Oom Pottie gedoen
Shack was die enigste Vliegtuig waarin ek nie 'n flip gehad het op Ysterplaat nie.
Gereeld saam met opleiding Choppers gaan vlieg. Heerlik.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Shack....
« Reply #6 on: December 13, 2011, 06:58:14 AM »
Ja dit was ons droom ook om saam te vlieg maar dit het nie so uitgewerk nie. Ek het wel baie keer met die Dak gevlieg tussen Rooikop en Ysterplaat.

In die kommando 2 keer helikopter gevlieg met padblokkades.

Ook 3 keer vlossie gevlieg
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Shack....
« Reply #7 on: December 13, 2011, 11:09:05 AM »
Onthou jy vir Kommandant Vlieg (soos ek hom leer ken het)
Sy gesig was verbrand omdat hy agter 'n Impala beland het toe die enjin aangeskakel is. Kon toe nie meer lugmag vliegtuie vlieg nie maar het sy eie Chesna gehad waarmee hy sy vliegure gedoen het om sy vlieglisensie te behou.
Die man het 'n "deathwish" gehad waarvan ek nie geweet het nie. Nooi my om saam met hom te vlieg die dag. Moet ure opsit voor sy volgende inspeksie.
Ek het nooit nee gese nie. Anner ouens se nee, maar ek moet dit nie mis nie.
Daai man vlieg met my oor die Kaapse vlaktes. Laag... Lyk of hy parkering soek. As ek by die venster uithang kan ek vir my ma veldblomme pluk.
Ek vra later, baie benoud, of ons nie bietjie laag vlieg nie. Nee. seg hy en duik nog laer onder Eskom se hoogspanningsdrade deur.
Ek het nie weer 'n woord gespreek nie maar net my sitplek vasgehou.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Shack....
« Reply #8 on: December 13, 2011, 12:19:55 PM »
nee ek het min mense van die basis op Ysterplaat geken. Ook so min as kan met hulle te doen gehad want ons het die gevoel gehad dat hulle ons 402 manne nie laaik nie en gevoel hulle soek gedurig skoor met mens, veral die klomp waar ons moes in en uit klaar wat jou vorms moet teken. Hulle het graag rang getrek en hulle posisie misbruik soos dit vir my gevoel het en ek wou net gewerk het, was nie lus vir die tierlantyntjies nie.

Ek dink hulle het ons nie gelaaik nie oor ons nie wag diens gedoen het nie, nie parades gedoen het nie, nie kamer inspeksie gahad het nie en in oorpakke gewerk. Wat hulle nie geweet het nie is dat ons sommige oggende 5 uur begin werk het en baie aande tot tussen 7 en 9 opgehou het. Ons langste dag op die aanloopbaan was die dag toe ons langebaan weg se teer werk afgehandel het. Half 6 of 6 uur ingeval as ek reg onthou en die aand 11 uur klaar gemaak. Brekvis 8 minute terwyl korporaal Fritz die roller by my oorgevat het vir die tydjie. Middag ete ook in skofte geëet van 20 minute dan is dit weer terug op die roller. tee tyd kry jy die koppie tee in die verby ry en wanneer jy terug kom met die roller moet jy die leë koppie terug gee.

Na een van my kampe stap ek om uit te klaar, sit hier 2 hardegat korporaals by die RSM kantoor waar ek ook handtekening moes kry.
My hare is effe lank maar niks erg nie. Toe ek daar kom voor ek kon praat word ek geskel om my hare te sny. Ek probeer seg maar ek is aan die uitklaar en gaan binne 2 ure huistoe sodra ek klaar al die handtekeninge versamel het. Net soos ek wil praat seg hulle bly stil en gaan sny jou hare voor ons na jou luister. Ek gee nie om om my hare te laat knip nie maar dit mors nog tyd wat ek vroeër huistoe kon gaan.

Seker uur na uur en kwart gewag vir my kans om te laat knip. Kom weer by hulle en seg is my hare nou reg en hiers my uitklaar vorm teken dit asb. Seg die een: is jy besig om uit te klaar, seg ek ja ek het 30 dae kamp kom doen en is oppad huistoe. Seg hy wraggies vir my: Hoekom sê jy dan nie netnou dat jy besig is om uit te klaar nie dan sou ek nie geseg het jy moet jou hare laat knip nie.

Seker een van die redes dat ek negatief is oor iets wat ek voel i nitty gritty ding is om oor hare te kla.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Shack....
« Reply #9 on: December 13, 2011, 01:29:42 PM »
Ons het ook nie van die spul by Ysterplaat se RSM-kantore gehou nie. Hulle was 'n ongeskikte spul en het ons om elke draai rondgejaag. Dag toe ons uitklaar moes ons laaste by hulle gaan teken. Tree hulle ons daar en en marsjeer ons in gelid tot tussen ons barakke. My moermeter was in die rooi.
Met die uittree slag draai ek toe regs plaas van lings en gee die laaste drie tree weg van die vlug af. Hulle gaan daar aan gul en skree ons moet weer aantree en oordentlik uittree.
Jy kan seker raai hoe hard ons toe vir die spul lag.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Shack....
« Reply #10 on: December 13, 2011, 03:27:02 PM »
Dit was rêrig mislike windgat ouens wat daar gewerk het by die RSM. Ek het al gewonder of hulle so van die huise af uit die skool gekom het en of hulle so geleer is om so op te tree.

kom ons praat liewer oor lekkerder dinge as RSM seuntjies.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Shack....
« Reply #11 on: December 13, 2011, 08:23:50 PM »
Oe.. lyk na lekkerte.
Julle praat nou van doerie jare.
Valhalla... my Pa en my 5 boeties was almal in die Lugmag.
Ek onthou as hulle van Valhalla kom op pas en hulle bring al daardie goete saam... stukke klip met die lugmagwapen op, baie vuil blou klere.
Bed self opgemaak soos 'n boks tot hulle lui raak en alles weer deurmekaar is in die ramhok.
Ramhok - Pappa bou 'n plek vir die seuns om in te bly so 20m van die huis af - dis nou op die plaas - en dit word die Ramhok genoem.
Ons kuier 'n hond uit 'n bos as hulle van die army kom en ons Elvis se LP's speel tot net die greintjies oorbly.
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Shack....
« Reply #12 on: July 09, 2015, 06:40:28 AM »
Oi, het ek nou lekker gekuier  :hello2:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Shack....
« Reply #13 on: July 11, 2015, 10:47:12 AM »
Kom loer ek ook weer na die binnekant van 'n Shack.
Om te dink ons kuier al vanaf 2011 ..!!
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Shack....
« Reply #14 on: July 26, 2015, 02:53:34 PM »
ja my shack fotos het ook uitgebrand, sal weer slag die ysterplaat museum moet besoek en nuwe fotos neem van vliegmasjiene.