Author Topic: Pure Verligting  (Read 3250 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Pure Verligting
« on: June 01, 2012, 03:16:46 PM »
Jinne mense ek sukkel om my verligting te beskryf.

Ek het so lanklaas tussen my mense gekuier ek kon ni eers onthou waar om julle te gaan soek nie.

Was eers by Woes maar die plek is soos 'n woestyn....Woes leeg en verlate.....Eensaam verby.

Toe kom maak ek hier 'n draai. En raai wat? Hier is nog lewe. Vir 'n oomblik het ek geglo ek is die enigste afrikaner oor in die land!!



Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Pure Verligting
« Reply #1 on: June 01, 2012, 06:03:23 PM »
Hier kuier die forum-familie nog mooi en heerlik saam - moet nou nie weer vergeet waar om ons te kry nie  :hello2:  :coffee2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Pure Verligting
« Reply #2 on: June 01, 2012, 11:11:22 PM »
Wonderlik om jou woordspore ook weer hier op die familie erf te sien bloubefoeterd  :love7: :notworthy: Jou erf gemerk hoor  :icon_salut:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Pure Verligting
« Reply #3 on: June 02, 2012, 04:42:47 AM »
Ons is soos 'n trop beeste in 'n kraal.
Ons maal en maal en trap die grond klei.
Bly om te sien jy is terug.  PM gaan verheug wees.   
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Pure Verligting
« Reply #4 on: June 02, 2012, 08:18:48 AM »
En ek is verheug!   :hello2:
Waar was jy so lank, so ver van die forumhuis af?  Ek het briefies gestuur en was erg bekommerd toe ek niks van jou hoor nie.
Jou boeke is nog hier, laat weet wanneer jy dit kom afhaal hoor.
Om te weet is om te verstaan.

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: Pure Verligting
« Reply #5 on: June 05, 2012, 01:01:49 PM »
Dit bly darem maar lekker om so hartlik verwelkom te word!!

Dis soos om 'n lekker jas aan te trek wat perfek pas. Was maar besig met werk en so aan maar daar was ook 'n goeie skeppie luigatgeid om te blog verantwoordelik vir die afwesigheid. Moet tog net nie vra hoekom nie want ek het nie werklik 'n antwoord nie.

Wat ek wel weet is dat die verlange my soos 'n dief in die donkerste donker nag oorval het en dat ek nou dankbaar is vir die besondere aanval van verlange! Ons darem al jare saam aan't stoei vir ons taal. Gawelienkie PMpie Meraavandiebaai en almal.

Ons sal nog baie baie praat. More tot Vrydag is ek weer uitstedig maar sal 'n tydjie probeer afknyp om op die ipad te klets!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Pure Verligting
« Reply #6 on: June 05, 2012, 02:30:56 PM »
Ons is nou hier in Amanzimtoti, maar omdat hier nie by hierdie  mooie plek selfoonopvangs is nie, moet ek weer oppak en trek.
More gaan ons so 10 kilometer verder by Winklespruit afpak.  Ek is nogal jammer om hier te trek, want AndrĂ©, ons gasheer, behandel ons soos konings.  Die gastehuis se naam is Dolphin Point en dit is baie mooi, hoog teen die hang van die berg en 'n arendsblik oor die oseaan.  Skoon, netjies en die heerlikste kos.  Jammer, maar more maak ons dalk nuwe vriende. 
Om te weet is om te verstaan.