Author Topic: My resies teen Eishkom...  (Read 2710 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
My resies teen Eishkom...
« on: April 18, 2015, 01:10:11 PM »
Ek, ons kantoor en 'n kollega is almal in verskillende voorstede gestasioneer.
Omdat ons ook in verskillende Loadshedding sones is, is ons nie almal terselfdertyd online met werk nie.
Ek in Durbanville, Rekeninge Afd in Melkbos en die Spreekkamer, wat ook die server huisves, in Cape Gate. 
Wanneer Cape Gate saans loadshedding het, skakel die server na twee ure af en soggens moet ek dit dan weer aanskakel.
So ry ek vanoggend werk toe teen 09:00, skakel die server aan, Melkbos en ek kan werk tot 10:00 toe die krag weer afgaan.
Ek kom terug huistoe, hang nou hier rond tot 16:00 wanneer ons krag in Durbanville sal afgaan en gaan dan terug Cape Gate winkelsentrum toe om te gaan shop, eet, fliek, or whatever makes my hair flow..
So, ek is gedurig aan't beweeg voor Eishkom se skete en maak soos onse prezzzzz maak as hy sy bril opstoot..
Dit kos my nou net bietjie meer brandstof, want ons spaar seker nie regtig op ons kragrekening nie, of hoe?
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: My resies teen Eishkom...
« Reply #1 on: April 18, 2015, 02:59:08 PM »
Jy betaal elke jaar 20% meer vir minder krag. Met die tariefverhogings val Eskom se wins nie al lewer hulle minder krag.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: My resies teen Eishkom...
« Reply #2 on: April 18, 2015, 05:28:03 PM »
Ons gaan voort. Soms worstelend. Soms glad soos 'n koekie seep in die bad.
Hoof doel van ons dag is om net vorentoe te gaan. En positief te voel en doen.
 :walk:
Daar is werklik niks wat ons kan doen om enigiets te verander nie, behalwe om positief te wees.
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: My resies teen Eishkom...
« Reply #3 on: April 18, 2015, 08:11:07 PM »
Weet jy. die sielkundige boffins se ons moet positief bly want jy is wat jy dink maar selfs die sterkste batterye kan net so lank positief bly dan loop hulle pap en kan jy niks meer met hulle uitrig nie. Hoe lank dink hierdie derik* regering van ons kan hulle aanhou met hulle twak?
Erens langs die pad gaan die penny by hulle ondersteuners (selfs die dommes wat in die meerderheid is) drop. Ongelukkig het Zim al bewys dat hulle nogal lank kan vat om te verstaan veral as jy baie mooi verduidelik.

*Deurie k@k" Miskien is dit ook verkeerd want ek dink nie hulle is deurie nie, ek persoonlik dink hulle sit nog vas innie.


 :icon_bigsmurf:



Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: My resies teen Eishkom...
« Reply #4 on: April 20, 2015, 06:20:05 AM »
Sjieee. Ek kan net simpatiek kopskud en kan nie glo dat 'n florerende maatskappy so in die bollie belanne het nie  :icon_scratch:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: My resies teen Eishkom...
« Reply #5 on: April 25, 2015, 01:15:55 PM »
Wel, toe die huidige heersers alles verwerp van die vorige heersers en vervang met .... :pottytrain2:.... toe krummel die mure.
Ek hoor as die krag netwerk intuimel ook die brandstof gaan opraak, want daar is soveel petrol aangedrewe opwekkers al gekoop. 
Meraai, daai oulike kook-kontrepsie wat Outop gebruik om kos te maak as jy die dag te sleg is...  :icon_biggrin:... is net die ding.
Maar nou wonder ek waar gaan ek brandhoutjies kry.
Ek stres nogal heavy oor die ding dat ek nie my warm stort sal kan neem en daarna my hare sal kan droogmaak.
Wat gaan ek doen??
Dalk vir die volgende 3-4 weke in die bed bly en vir 'Sleg' afboek... :sleepy1:
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: My resies teen Eishkom...
« Reply #6 on: May 06, 2015, 11:43:06 AM »
Juis gisteraand so op die sandvoorstoep die heerlikste hoenderkerrie aangeslaan in daai meghefter. Tops ding daai! Elle die hare storie het ek nie mee raad nie, voorwaar! Dalkies sal was en dra maar moet doen?