Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Louis se plek => Topic started by: Louis on May 18, 2011, 07:06:15 PM

Title: eiendoms ontwikkeling
Post by: Louis on May 18, 2011, 07:06:15 PM
wanneer die son oor die berg se kop kom rol
en die wynrooi gloed van sy vlamme uitstort
die vallei in skakerings van pienk dompel
voordat sy helder lig die dag oorrompel

dis hadeda se skrikwekkende kreet
wat die kraakvars stilte breek
die voels fluister nog saggies vir mekaar
voordat die tyd aanbreek vir babbel en baljaar

klots en tjorrel n helder stroom oor klippe en gate
ek sit hier vir oulaas met my voete in die water
wyl druppels brandend oor my wange vloei
een vraag wat my hart laat bloei

wat besiel hulle om dit ook te vernietig?
Title: Re: eiendoms ontwikkeling
Post by: Angelica on May 19, 2011, 02:04:01 AM
   :angel8:
Hou daarvan dat jy eers vir ons die skoonheid van die natuur gee voordat jy ons daaraan herinner dat dit alles (hopelik nie) vernietig gaan word met sogenaamde 'ontwikkeling'. In my oe... vernietiging.
Moenie ophou skryf nie.
Title: Re: eiendoms ontwikkeling
Post by: PM on May 19, 2011, 06:50:16 AM
Wow,  dit is soos 'n beleĆ« volronde rooiwyntjie!  Smaakvol op die tong!   :hello2: