Author Topic: privaat hospitale?  (Read 4052 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
privaat hospitale?
« on: January 26, 2012, 09:41:05 PM »
ek wonder maar net of daar enige verskil is tussen privaat- en staatshospitale se personeel se benadering tot pasiente-sorg?
ek is dankbaar vir dit wat wel aan my toegestaan is, maar sowaar, die sorg wat 20 jaar en langer gelede deel was van ons land se hoogste naam in verpleegsorg, le iewers verpletter teen die rotse van kastige nuwe bedelings en menseregte.

na 'n groot operasie, ure onder narkose, verdowing vir nog 'n dag, sukkel mens self maar effens regop in jou bed, smag jy na 'n volwas, selfs net 'n nat waslappie om jou gesig af te vee, kom later agter die morfienpompie is van jou weerhou deur dit uit jou hand te gehaal het en buite bereik te laat hang ens ens
later kry ek 'n volwas en bid toe die minute om: daardie harde behandeling het die seer vertiendubbel...
sondagmiddag is die pynkapsules uit voorraad - en hulle voel vere.

so kan ek aangaan...

haai PM, kom julle by ons aan? het jy my sms gekry?


 
adéle  :grommit:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: privaat hospitale?
« Reply #1 on: January 26, 2012, 10:14:05 PM »
PM slaap vannag in b/wes en het nie opvangs nie.
Ek kan glo dat dit daar by julle al so sleg gaan in die hospitale. Hier by ons is swak diens ook al besig om in sommige van die privaathospitale kop uit te steek. Moet maar versigtig wees waar jy inboek.
Sterkte vriendin.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: privaat hospitale?
« Reply #2 on: January 27, 2012, 04:45:30 AM »
Wat 'n aaklikge ondervinding en as jy in die hospitaal is en direk na 'n operasie is jy baie broos en amper weerloos oorgegee aan hierdie.....  en het nie sulke bombastiese behandeling nodig nie.
Daar is 'n duidelike verskil in die sorg wat jy ontvang as dit kom by toe en nou.
Ons is op 'n glybaan en hoe meer ondertoe ons gly, hoe vinniger gaan dit. Ons sal nooit weer uit hierdie gemors kom en dit word erger en dit gebeur vinniger hoe groter die aanwas.
Dit is om van weg te vlug. Maar waarheen?

Hoop alles is nou weer normaal en dit gaan weer goed.
Sterkte.
elle

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: privaat hospitale?
« Reply #3 on: January 27, 2012, 08:04:39 AM »
 :hello:

Ek hoop jy voel sommer gou weer op en top.

My grootste probleem is die bloed op die vloere en die vuil toilette. Hier by ons vermy 'n mens eerder die hospitaal en hoop en bid dat jy nooit in 'n noodgeval sal beland nie, want blykbaar is die eerste ordentlike hospitaal in Klerksdorp. Dit is jammer, want 'n mens betaal baie vir medies en dan kan jy (vir gesondheidshalwe) nie eers na die privaat hospitaal hier gaan sonder die vrees dat jy dalk iets ergers daar  "optel" nie.
'n Vriend van ons was amper 'n jaar in intensief a.g.v. die glipsies wat gereeld o.a. in Mafikeng onder die lem plaasvind.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: privaat hospitale?
« Reply #4 on: January 27, 2012, 08:33:22 AM »
Hey vriendin, nee man, hulle kan mos nie daarmee weg kom nie. Mens betaal dan soveel vir P/Hospitale.

Moet sê ek was sover gelukkig, gaan nie baie hospitaal toe nie, maar die paar keer was nie te sleg nie.

Dink aan jou.

 :angel12:

Psssss: PM julle moet veilig ry, asseblief.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: privaat hospitale?
« Reply #5 on: January 27, 2012, 10:17:37 AM »
Julle maak my nou benoud! Moet gaan vir 'n groot operasie binnekort en hou nie van glipsies nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: privaat hospitale?
« Reply #6 on: January 27, 2012, 11:05:28 AM »
Julle maak my nou benoud! Moet gaan vir 'n groot operasie binnekort en hou nie van glipsies nie.
 :icon_bigsmurf:

Vertel die hospitaal net baie duidelik: As hulle per ongeluk jou humorsin uitsny, gaan hulle soos 'n glipsie voel nadat die forumiete hul kom konsulteer het. 

NB en PS: Die woord konsulteer waarborg nie dat daar noodwendig by die tradisionele betekenis of metodiek daarvan gehou sal word nie...
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: privaat hospitale?
« Reply #7 on: January 27, 2012, 11:38:23 AM »
Nee wat Naas, hulle sal mooi na jou kyk daar waar jy gaan. Ek gaan suutjies daar rond trap en hulle gaps as hulle jou nie reg oppas nie. Oma ken ook iemand daar, sal haar laat weet dat daar 'n kosbare forumiet lê, wat spesiale versorging moet kry. Jy sal in goeie hande wees.

My tante is so gereeld daar dat ons spot, en sê sy het 'n aandeel in die plek.  :icon_biggrin:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: privaat hospitale?
« Reply #8 on: January 27, 2012, 06:38:07 PM »
Hi vriendin Annie, ek is so jammer dat ek nie bewus was van die episode nie.  Die sms lê seker iewers, maar ek het dit nog nie ontvang nie. 
Ons sou baie graag by jou 'n draai wou maak, ongelukkig het ons mekaar mis gelees.  Hoop jy is aan die gang en oor die ergste. 

Baie dankie, ons is uit en tuis en veilig in die Kaap!
Ons woonstelletjie is nie te sleg nie en het 'n mooi uitsig oor Robben Eiland!  Nou wag ek net vir volmaan en almal wat wil kom kuier.  Die deure staan oop en die "koffie" is reg. Laat dit asseblief 'n uitnodiging wees vir ieder en elk.  Ons mis julle!

Geen hospitaal is 'n lekker plek nie.  Ek moet net bevestig dat die ouens hier in die Kaap nog bevoorreg is.  Hulle het al die goeie personeel van die Transvaal af gekry!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.