Die Afrikaanse Forum
Die Biblioteek => Liedjies uit die oude doos => Topic started by: Meraai vannie Baai on November 06, 2018, 11:53:28 PM
-
Kosbaar is die 'wilde gebedjies' uit toeka se dae. Verskeie variasies het ontstaan. As jy jou eie geleer het vir die kabouters aan't huise, kom deel dit groot asseblief.
Die bekendste is gewis 'Biesie, biesie bame'. Die eerste twee reëls gewoonlik konstant; daarna tree die variante in:
Zastron:
Biesie, biesie bame,
hôu jou handjies same,
Stomp stert, visvang,
Amen.
II.
Biesie, biesie bamen,
hou jou handjies samen,
Eers 'n bietjie vleis,
Dan 'n bietjie rys.
Amen.
Petrusburg:
Biesie, biese bame,
of: (Bietjie, bietjie brame)
hou jou handjies same.
Kook 'n potjie rys
en 'n potje vleis.
Amen.
Heilbron:
Biesie, biesie bame,
hou jou handjies same,
kook 'n potjie rys,
dan 'n potjie vleis.
Kadoes, stompstert.
Amen.
Calvinia:
Biesie biesie bame,
hou jou handjies same,
sit die hande in die skottelgoedkas,
knoop die duiwel aan die agterpoot vas.
Amen.
Koffiefontein:
Biesie, biesie bame,
hou jou handjies same;
kook 'n potjie rys,
kook 'n potjie vleis,
koes, koes, kindere.
Amen.
Paarl:
Biesie, biesie bame,
hou julle handjies same;
braaibout is op die tafel,
stomp stert.
Amen.
Biesie, biesie bame,
hou jou handjies same;
katjie eet die kossies op,
Amen.
Wilde Dankgebedjies
Ek ben versadig en verkwik,
My maag is vol, my pens is dik.
Heilbron
Here gee pere vir die onbekeerde,
Appelkose vir die goddelose,
Pruime vir die opgeruimde.
BRON:
https://www.dbnl.org/tekst/toit004suid01_01/toit004suid01_01_0004.php
-
Dankie dat jy kom deel het Raaitjie. Dit is kostelik.
My kleingoed moes maar self "dank" en kon hulle dank! . . . en dankie vir my ma en dankie vir my pa en so kry alles 'n beurt, die kat, die hond die vis, totdat ek later sê: Amen. :toothy4:
-
En as jy arm grootgeword het..
Segen Vader
Segen sop
Hier en daar 'n kuikenkop
Toegedraai in 'n ertjiedop
Amen
-
:icon_biggrin: Groot pret! Wat het ons gedoen met "dis die blond dis die blou". :icon_biggrin:
-
Dis die blond
Dis die blou
Dis die Brooklax wat ek kou
Dis die pyn op my maag
Wat my toilet toe jaag
Dis die toilet se deur
Wat my volle vaart keer
Dis die ding in my broek
Wat my ma laat vloek.
:icon_bigsmurf:
-
O my lieven love, ek bulder van die lag tien voor vyf (ons oggend) diekant van die aardbol :toothy4:
-
Ons het pret gehad met daardie een. :icon_biggrin:
Wat van Ou tante Koba,
sy wou nie maar sy moes,
toe glip die ketting
en dit slaan haar op haar maermerrie. (Dit was as die oumense geluister het.) :icon_biggrin:
-
My pa het hierdie liedjie altyd gesing en sy laaste twee reels sal mens nie eers in die koffiekroeg kon herhaal sonder om vir ewig enne biekie verdoem te word tot in die duisternis :toothy4: :headbang:
-
Ou tante Kowa
Sy was so woes
Sy slaan haar sussie
Met 'n spanner dat sy hoes.
Ou tante Kowa
Sy was so mank
Sy speel viool
Dat die honde tjank
:icon_bigsmurf:
-
Hierdie weergawes nog nooit voorheen gehoor nie. Dankie Naas :icon_biggrin:
-
Daar is so baie weergawes maar meeste daarvan hoort nie hier nie.
:icon_bigsmurf:
-
Dit verskaf nog steeds pret, al moet 'n ou dit net "onthou". :icon_biggrin:
Daar is nog die apie en die mossie het lekker gedjol . . .
Wat het my pa gesê? My kind, as hulle so ordentlik is sal hulle tog nie weet waarvan ons praat nie. :icon_biggrin:
-
Ek weet nie van Apie en Mossie se eskapades nie. Jy sal moet vertel?
:icon_bigsmurf:
-
Stem saam Naas. Jy sal MOET kom vertel matertjie :icon_biggrin:
-
:angel12:
-
:angel4: Wag vir jou in die kroeg.