Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on May 27, 2011, 09:47:49 AM

Title: Verby
Post by: adele on May 27, 2011, 09:47:49 AM
Verby

In die dofverligte hoekie
oorspoel met 'n soet
geur en rook,

vind hy 'n bondeltjie
menswees

eens geken, en
aan 'n geliefde
ouerpaar

moet hy gaan vertel . . .
Hoe?

 :grommit:
Title: Re: Verby
Post by: PM on May 28, 2011, 09:03:26 AM
Dit is 'n harde werklikheid wat so mooi beskryf is Adéle.