Author Topic: Huckelberry Finn  (Read 1506 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Huckelberry Finn
« on: November 06, 2011, 06:07:52 PM »

Ek lees dat die baie bekende Lightleys op Knysna se (boot-)deure gaan toemaak.  Baie jammer, want dit is ‘n groot aantreklikheid op die Knysna lagoon vir die locals en vakansiegangers. 
Lightleys lê teenaan die pad by Belvidere en op die Phantom Pass.  As jy van die Kaap se kant Knysna toe ry, net voor jy oor die brug ry, lê Lightleys Holiday Houseboats aan jou linkerkant.   Tussen die plaat broodbome.  Die lagoon, of riviermond strek vanaf The Heads tot in die Outeniqua Berge.  Hierdie lagoon is ook die blyplek van die Knysna Seeperdjie wat op die Rooi Data-lys is.  Hulle kom slegs in die Knysna, Swartvlei en Keurbooms riviermondings voor.  As hierdie broei- en leefareas van die seeperdjie nie reg bestuur word nie, sal hulle beslis uitsterf. 
Die huisboot, Huckelberry Finn, word ons honeymoonplekkie vir ‘n week lank.  In 2000 betaal ons net oor die R12duisend vir 6 nagte en ons ontvang die sleutels van die boot.  Ons moet eers ‘n video kyk oor hoe om die boot te stuur en waar ons mag en nie mag gaan.  Nie dat jy worry oor waar die boot vasmeer as jy op honeymoon is nie…. 
Op die boot self word ons deur ons helper vir die week gewys hoe om die boot te bestuur, dat jy regs verby ‘n ander boot moet vaar en dat jy met hoogwater nie te naby The Heads moet anker gooi nie, die ankertoue is nie so lank nie.  Jy word kaptein van jou eie boot vir ‘n week lank.  Ja ja.   Ek luister met ‘n halwe oor en laat dit aan die nuwe man aan my sy oor.  Ek maak seker daars beddegoed.  En koffie.  Soggens moet jy die boot gaan vasmeer by die jetty sodat die skoonmakers jou plekkie kan skoonmaak.   Die boot word elke oggend voorsien van hout vir die braai van vleisie op die boot se dek.  Dié koop jy by die kiosk.  Jou skottelgoed word gewas en beddens word opgemaak.  Dit is net te nice vir woorde.  My wederhelf vang net vis en drink bier en ek lê gesmeer met olies op die bankie op die agterdeel  of klim met die leertjie tot bo-op die dakkie en werk aan my tan.  Heeldag.  Dit raak later vervelig en ek wil Knysna in om by die stalletjies rond te hang.  My familie bly in Plett en ek het ook vriende daar.  Manlief wil net visvang en bier drink.  My bek raak dik op die honeymoon.  Ek self gryp later ‘n visstok en trek sommer twee klein goedjies uit wat nogal ‘n groot konsternasie van opgewondenheid veroorsaak.  Het ook probeer om die boot te stuur, maar dit het net te moeilik gegaan om die ding in die strome te hanteer.  Het dit maar opgegee toe die brug se pilare te naby aan my verby beweeg.  Nogal sterk strome in die lagoon.  Ek kry ‘n lecture van my nuwe man.  Ek sê vir hom hy moet in die lagoon spring. 
Ons laaste nag is Spring tide.  Ek slaap nooit, want die water is so hoog, die anker raak nie grond nie.  Ek hoor hoe sleep dit op die klippe onder en ek WEET ons is oppad Heads toe.  Indiese oseaan toe.  Ooste toe.  Niemand gaan ons ooit weer kry nie.  Ons is gevaarlik naby die oesterkwekery  toe ek die moed bymekaar skraap om by die venstertjie uit te kyk en ek WEET ons anker gaan in die toue en die pale en oesters vashaak en nooit weer loskom nie.  Die minute tik soos ure verby en dit word nie dag nie.  Manlief saag balke.  Salig onbewus van die groot gevaar waarin net ek verkeer.   Ek sweer dat ek nooit weer op die waters al oorslaap nie. 
Dit is ‘n vakansie, of honeymoon, wat ek sal aanbeveel as al die partye by ‘n plan vir die dag sal hou. 
Vaar op die lagoon vir ‘n dag en vaar die dorpe in die omgewing in om te gaan verken, vir ‘n dag.  Saans is dit wonderlik om jou vleisie net daar op die dek te braai en die sonsondergang oor die meer dop te hou met sundowners.  Sonsopkoms is ongelooflik as die water rustig is.  Maar om heeldag net op die water te skommel….  Besluit self.
Die dorp Knysna was ‘n aantreklike dorp, so ook Plett, maar die vakansiegangers is uitgebuit en die locals moes maar inval met die verhoogde pryse van kos en verblyf.  Die resessie druk ook daar.
Nou dink ek, as dit 12jaar gelede al R12duisend gekos het om ‘n boot op die lagoon te huur, wat het dit nou gekos? 

elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Huckelberry Finn
« Reply #1 on: November 09, 2011, 04:18:41 AM »
Dankie  vir nog 'n heerlike aflewering "lekkerlees" Ellé. 
Alles is so duur  'n mens kan dit nie meer bekostig nie.  Hotelle kla dat die plekke nie eers halfpad beset word nie, maar hulle pryse bly hemelhoog. 
Om te weet is om te verstaan.