Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on March 11, 2012, 04:50:38 AM
-
Ons more-strand se sand
lê maagdelik en wyd voor ons uit.
‘n Spierwit reine skildersdoek
wat ons verfkwas-spore soek.
Plat, skoongevee
deur die lewens-see.
Op gister-strand se sand
slinger kruis en dwars nog vars
ons liefdes-spore hand in hand.
Speels getrap en baldadig
trippel-huppel hulle veerlig
in die vreugdes van gistraand.
In die nou-strand se sand
verf ons geduldig en onskuldig
met passie aan ons lewensdoek.
‘n Meesterstuk.
‘n Liefdes-skildery.
Saam-spore, ek en jy.
:icon_bigsmurf:
-
dis 'n WOW!! Ek kan amper hoor hoe die woorde gesing word ...
sjoe Naas, jy mag maar hoor!! Dis 'n prag gedig!!
-
'n Harde duidelike WOW!!! vir jou Naas. Pragtig geskryf.
-
Dis pragtige woorde.
Jy het 'n wonderlike manier om my vas te hou met jou woorde wanneer jy skryf. Wel praat ook..ha ha ha.
Wil amper sê "Well done"
-
Dankie julle.
:icon_bigsmurf:
-
Loer hier oor 'n gas se skouer en sien dat die forum se naweeksand onaangeroerd agter en voor my lê. Ek sal maar solank kringe in die sand hardloop.
:icon_bigsmurf:
-
Jy bly 'n meester van strukture Naas :notworthy: :hello2: :icon_salut: