Author Topic: Bundel Insetsels Marius Buys - Koffie, dankie!  (Read 1114 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Bundel Insetsels Marius Buys - Koffie, dankie!
« on: June 11, 2013, 06:19:47 AM »
Koffie, dankie!

Koffie~Kahve~Mocha~Java~Arabica'se
bitterboonwyn.
Jy, die geurig donker draaikolk met
herontwakening belaai.
Jy, die opkomson se grondlangs skyn,
wat nag verjaag en met "lig" hoop
saai.
O vriendskapmaker en geselsgenoot,
O laataandmater tot vroeƫ
smorensuur,
O vloeistofvreugde en opkikvennoot -
kom brug my muur met jou kaffeinnekuur!