Author Topic: Bundel insetsels Marius Buys - Groete aan Margaret  (Read 2131 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Bundel insetsels Marius Buys - Groete aan Margaret
« on: April 10, 2013, 11:06:48 AM »
Groete aan Margaret

Stil, my Britse broers,
daar gaan jul Ystervrou verby,
sy groet,
en dis veroulaas,
daar was nog maar één soos sy;
bekyk haar goed.

Haar steeds kille oog,
nou dof en ingesink,
soos vuurvonk kon sy blink -
koue staal daar in haar blik,
‘n leegleêr- en parlementslidskrik.
Haar stap en kraggebaar
nou bedaar,
is sy jul leier steeds per erestoet en ruiterskaar.

Beslis,
soos sy julle s'n was
en is, nou oppad na haar laaste rus.

Al is haar oog verswak,
kyk sy nog fier omhoog
nie meer in julle
maar in haar God se oog.
Al stap haar denke kromgeknak
en afdraans af,
al klop haar hart nie eens meer flou:
soos altyd is sy- nog nou
vir haar volk en vaderland- trou
tot in haar graf.

En hierdie vuurdame
jul kind, rou o Engeland!
Wat vrees jul dan?
Geseën was jul gewees
haar inbors, haar bloed, haar vlees
sou soveel vrugte dra.
In julle Thatcher se gees.
Mars! Voorwaarts!
word sy statig na haar laaste saluut gedra.

Kopiereg Marius Buys 2013
(mag gratis gedeel word)

Geskoei op Jan F.E. Cilliers se gedig “Generaal De Wet”
Barones Margaret Hilda Thatcher (nee Roberts, 13 Oktober 1925 – 8 April 2013)

 :glasses9:
« Last Edit: June 10, 2013, 03:29:00 PM by Marius »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Groete aan Margaret
« Reply #1 on: April 10, 2013, 11:55:03 AM »
Goed geskryf Marius.  Dankie vir die deel.  Gaan jy bladsye in die boek bespreek?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Groete aan Margaret
« Reply #2 on: April 12, 2013, 11:08:19 AM »
Ek het mos ses bespreek nie waar nie? Skakel my gerus op 074 272 0243.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Groete aan Margaret
« Reply #3 on: April 12, 2013, 01:55:20 PM »
Skuus matertjie.  My kop is vol woorde en prentjies.  Sodra ek wakker word sal ek gaan kyk.   :icon_biggrin:
Het jy al besluit wat jy wil plaas?
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Groete aan Margaret
« Reply #4 on: June 08, 2013, 09:44:51 AM »
Marius, ek wag om te hoor wat jy wil plaas. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Groete aan Margaret
« Reply #5 on: June 10, 2013, 11:21:11 AM »
Ek het julle hulp nodig om hierdie gedig te skaaf en te skuur vir die boek.  Help asseblief.  Ek het 'n paar veranderings aangebring, maar dit is nog nie reg nie.  Marius, lewer ook jou inset asseblief. 

Barones Margaret Hilda Thatcher (nee Roberts)
13 Oktober 1925 – 8 April 2013)

Groete aan Margaret

Stil,
my Britse broers,
daar gaan jul Ystervrou verby,
sy groet
en dis vir oulaas,
daar was nog maar één soos sy;
bekyk haar goed.

Haar steeds kille oog,
nou dof en ingesink,
soos vuurvonk kon dit blink -
koue staal     daar in haar blik,
‘n leegleêr- en parlementslidskrik.
Haar stap en kragvertoon nou bedaar,
is sy jul leier steeds
per erestoet
en ruiterskaar.

Beslis,
soos sy julle s'n was en is,
nou oppad na haar laaste rus.
Al is haar oog verswak,
kyk sy nog fier omhoog
nie meer in julle
maar in haar God se oog.
Al stap haar denke kromgeknak
en afdraend af,
al klop haar hart nie eens meer flou:
soos altyd is sy
-nog nou vir haar volk en vaderland-
trou tot in haar graf.

Hierdie vuurdame
jul kind
rou o Engeland!

Wat vrees jul dan?
Geseën was jul gewees
haar inbors, haar bloed, haar vlees
sou soveel vrugte dra.
In julle Thatcher se gees.
“Mars! Voorwaarts!” word sy statig
na haar laaste saluut gedra.

Geskoei op Jan F.E. Cilliers se gedig “Generaal De Wet”

Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Bundel insetsels Marius Buys - Groete aan Margaret
« Reply #6 on: June 10, 2013, 03:00:09 PM »
Groete aan Margaret

Stil, my Britse broers,
daar gaan jul Ystervrou verby,
sy groet en dis veroulaas,
daar was nog maar één soos sy;
bekyk haar goed.
Haar steeds kille oog,
nou dof en ingesink,
soos vuurvonk kon sy blink,
koue staal in haar blik,
‘n leeglêer- en parlementslidskrik.
Haar stap en kraggebaar
nou bedaar, is sy jul leier steeds
per erestoet en ruiterskaar.
Beslis, soos sy julle s'n was,
en is, nou op pad na haar laaste rus.

Al is haar oog verswak,
kyk sy fier omhoog,
nie meer in julle
maar in God se oog.
Al krenk haar denke kromgeknak
en afdraans af,
al klop haar hart nie eens meer flou,
soos altyd is sy, nog nou,
vir haar volk en vaderland –
tot in haar graf trou.
Hiérdie vuurdame julle kind -
rou o Engeland!
Geseën was julle gewees -
soveel inbors, soveel gees,
soveel vrugte sou haar leiding dra.
Statig na die neëntien-skoot saluut.
Stil, my Britse broers. Werda!

* Werda - “Halt, wie gaan daar!
* Geskoei op Jan F.E. Cilliers se gedig “Generaal De Wet”
« Last Edit: June 10, 2013, 03:07:40 PM by Marius »