Author Topic: Bundel insetsels Marius Buys - Waar koppe soos klippe sing  (Read 2004 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Bundel insetsels Marius Buys - Waar koppe soos klippe sing
« on: February 22, 2013, 09:25:45 AM »
Waar koppe soos klippe sing

Wanneer? Vra die engel wat aan die paal hang.
Gou. Sê die wind wat die wolke saamwaai.
Wie? Vra die grond wat na lewe verlang.
Ek. Sê die tyd wat sy wyser rondswaai.
Hoe? Vra die paal, en die wind, en die grond.
Hoekom? Vra die nag wat sy donkermaan skyn.
Waar? Vra die blits wat wag om te brand.
In die vuur. Sê die tyd wat se wyser verdwyn.
Nee. Sê die stof wat in die wind skuil.
Nee. Sê die engel aan die wind met die moord.
Nee. Sê die nag en begin om te huil.
Ja. Sê die tyd sonder 'n woord.
« Last Edit: June 10, 2013, 03:28:04 PM by Marius »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar koppe soos klippe sing
« Reply #1 on: February 22, 2013, 10:31:56 AM »
Kom gee vir my 'n uitleg van hierdie gedig asseblief Marius. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Waar koppe soos klippe sing
« Reply #2 on: February 22, 2013, 10:56:02 AM »
PM die gedig is geskryf om universieel en simbolies tot die onderbewussyn te spreek en om dit 'n enkele verduideliking te gee sal dit 'n bietjie onreg aandoen. Ek plaas egter twee van baie senarios wat die voetspoor van die gedig aanspreek.

1. Ek het 'n vriendin met 'n aggresiewe vorm van Lupus wat haar vel, vleis en interne organe stadig maar seker wegvreet.
2. Ek het 'n ander kennis wat lewenslank gevonnis is vir hoogverraad.

Alhoewel die gedig nie spesifiek vir hulle gekryf is nie, gebruik ek hulle situasie en persoonlike omstandighede as voorbeeld.

In almal van ons kom daar gevalle voor waar die hede so onaanvaarbaar is dat die status quo gaan verander, of ons dit wil of nie. Die simbole in die gedig is met opset met wye universele toepaslikheid geskryf, die detail van die betrokkenes  kan verander, die nihilisme van 'n onafwendbare skrikwekkende verandering, nie.

Ek moet egter ter verduideliking byvoeg dat "TYD" die antagonis is binne die konteks van die gedig.
« Last Edit: February 22, 2013, 12:53:46 PM by Marius »

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Waar koppe soos klippe sing
« Reply #3 on: February 22, 2013, 11:19:37 AM »
Die volgende het my veral getref toe ek dit gelees het:

Wanneer?
Gou.
Wie?
Ek.
Hoe?
Hoekom?
Waar?
In die vuur.
Nee.
Nee.
Nee.
Ja.

Die stryd, worsteling en onvermydelike wat dit uitbeeld.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar koppe soos klippe sing
« Reply #4 on: February 22, 2013, 11:43:12 AM »
Fransi, ek het ook daardie eerste woorde bekyk, maar kon nie regtig die kloutjie by die oor bring  nie.  Ek verstaan mos gou as iemand lank verduidelik.  :icon_biggrin:

Dankie Marius.  Dit is diep!

Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Bundel insetsels Marius Buys - Waar koppe soos klippe sing
« Reply #5 on: February 22, 2013, 11:59:55 AM »
Die gedig is doelbewus as eintlik twee gedigte in een geskryf en is verondestel om subtiel op die leser in te werk sonder dat hy/sy dit registreer. Ek gee bietjie van my geheim weg hier maar die eerste woorde is wat op onbewustelike vlak met die leser kommunikeer terwyl die tweede gedeelte die verwysingsraamwerk verskaf en die eerste gevoel onderskraag asook "toegooi". Die brein is 'n wonderlike ding wat boodskappe lees sonder dat ons daarvan bewus is. Ek probeer dit in die gedig gebruik om 'n gevoel van onvermydelike doem te skep.
« Last Edit: June 10, 2013, 03:13:18 PM by Marius »

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Bundel insetsels Marius Buys - Waar koppe soos klippe sing
« Reply #6 on: June 10, 2013, 03:14:19 PM »
Waar koppe soos klippe sing
(gelees in 'n fluistertoon)

Wanneer? Vra die engel wat aan die paal hang.
Gou. Sê die wind wat die wolke saamwaai.
Wie? Vra die grond wat na lewe verlang.
Ek. Sê die tyd wat sy wyser rondswaai.
Hoe? Vra die paal, en die wind, en die grond.
Hoekom? Vra die nag wat sy donkermaan skyn.
Waar? Vra die blits wat wag om te brand.
In die vuur. Sê die tyd wat se wyser verdwyn.
Nee. Sê die stof wat in die wind skuil.
Nee. Sê die engel aan die wind met die moord.
Nee. Sê die nag en begin om te huil.
Ja. Sê die tyd sonder 'n woord.
« Last Edit: June 10, 2013, 05:56:37 PM by Marius »