Die Afrikaanse Forum
Bak en brou => Kruie en speserye => Topic started by: Meraai vannie Baai on September 18, 2015, 10:07:29 PM
-
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Healing%20herbs%20and%20spices_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Healing%20herbs%20and%20spices_1.jpg.html)
-
Ek is mal oor kruie! My salie en fennel floreer, maar my marjorum sukkel 'n bietjie op die oomblik.
Baie dankie vir die deel.
-
Dankie dankie. Ek lief kruie en speserye.
Hier in Leeupoort kom 'n swart man met sy groente trokkie elke Woensdag. Hy parkeer net buite die hek en dit is die enigste toegang tot vars groente wat ons het.
Hier is die lys:
Aartappels
Uie
Wortels
Spinasie en kool
Tamaties en so nou en dan 'n groenrissie.
Vragte:
Lemoene, (by die sak)
Piesangs en appels as hy sy hand daarop kan lê.
Die res is 70 kilometer verder waar kruie iets ongehoords is. Dit sluit petersielie en seldery in.
-
Jy sal moet kruietuintjie aanslaan mater!
-
Het jy al 'n bobjaar gesien kruie eet? Die fisante, tarentale en kwartels, nie gepraat van die ander vogeltjies nie! Die gestreepte meerkatte smul daaraan.
Ek is besig om 'n plan te maak om dit so toe te maak dat dit darem nie te onooglik is nie. Ek wil 'n mooi ongehinderde uitsig op die bos hê!
-
Slim diere! :icon_biggrin:
-
'n Bobbejaar is seker daai ding wat in jou kruie baljaar. :icon_biggrin:
-
'n Bobbejaar: daai ding wat in jou kruie baljaar :toothy4: :book1: