Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Chichi on September 22, 2011, 05:03:45 PM

Title: VIR PM!!!!
Post by: Chichi on September 22, 2011, 05:03:45 PM
Hierdie is spesiaal net vir jou, maar almal kan dit doen!
Gaan hierheen: http://www.drawastickman.com/

en volg die instuksies, soos as daar staan 'draw a stickman' dan doenit langs die pyltjie!
Title: Re: VIR PM!!!!
Post by: PM on September 23, 2011, 06:35:35 AM
Dankie Chichi, dit was vet pret.  Net my ballon was 'n drake-eier en amper versuip ek die arme stokmannetjie wat heeltemal gebreklik geloop het.  Dankie vir die deel daarvan.    :love7:
Title: Re: VIR PM!!!!
Post by: Chichi on September 23, 2011, 08:15:34 AM
hehe yay! 'n vriend het dit vir my gewys toe dink ek aan jou!  :icon_biggrin:
Title: Re: VIR PM!!!!
Post by: PM on September 24, 2011, 05:40:15 AM
Jammer die ander ouens wil nie ook saam speel nie. 
Title: Re: VIR PM!!!!
Post by: Chichi on September 24, 2011, 11:32:23 AM
hehe ek dink hulle sal.... eendag
Title: Re: VIR PM!!!!
Post by: Lox on September 24, 2011, 05:30:09 PM
ek het ook probeer teken maar dis beslis nie my talent nie
Title: Re: VIR PM!!!!
Post by: PM on September 24, 2011, 05:38:30 PM
Ag ek het dit baie geniet.  Die humor daarin verlig die spanning van elke dag se "stretch".   :icon_biggrin:
Title: Re: VIR PM!!!!
Post by: Chichi on September 24, 2011, 05:41:51 PM
hehe ek geniet dit baie
Title: Re: VIR PM!!!!
Post by: PM on September 24, 2011, 05:43:54 PM
Loop ons mekaar wraggies raak!   :icon_biggrin:
Title: Re: VIR PM!!!!
Post by: Chichi on September 24, 2011, 08:32:22 PM
Net so!!!!   :icon_biggrin: :icon_biggrin:
Title: Re: VIR PM!!!!
Post by: Meraai vannie Baai on September 26, 2011, 03:04:08 AM
Hiehieheiheeiehi......ek het besluit om so paar sekondes uit 'n minuut te steel en paar strepies gaan trek. Nou sal ek my alie moet roer want die sekondes het gerek en rek maar dit was vetpret :love7: :notworthy:
Title: Re: VIR PM!!!!
Post by: PM on September 26, 2011, 06:27:36 AM
Dit is nogal lekker om soms soos 'n kind te sit en speel.   :icon_biggrin: :headbang:
Title: Re: VIR PM!!!!
Post by: Chichi on September 26, 2011, 03:51:14 PM
Ek is baie bly dat julle dit geniet!!

(http://www.getsmileyface.com/sm/cartoon/1238.gif)
Title: Re: VIR PM!!!!
Post by: PM on September 26, 2011, 04:18:45 PM
Chichi, ek is mal oor jou feetjie.  Waar kry jy dit?
Title: Re: VIR PM!!!!
Post by: Chichi on September 26, 2011, 06:46:22 PM
Hierso!!! daar is baie oulikes, mens moet net mooi soek!

http://www.getsmileyface.com/
Title: Re: VIR PM!!!!
Post by: PM on September 30, 2011, 02:28:19 PM
Dankie Chichi, ek het die blad geboekmerk vir wanneer ek 'n tydjie kry.  Ek is nou klaar tot en met bladsy 93.  Dit is op 'n stokkie gelaai om doos dood seker te maak dat dit nie weer verlore gaan of sommer vanself kleure verander nie. 

Dit was nogal 'n kopkrap.  Ek kleur die letters pienk en as ek my kom kry is dit geel!  Ek dink my Power Point (ek moet seker die woord "program" ook plaas)  is 'n bietjie oud en daar kort 'n paar "opdaterings".  Ek het Photoshop 5, maar kort nog 'n paar "instruksies".  Sal seker eendag daar kom as ek groot is.   :icon_biggrin:
Title: Re: VIR PM!!!!
Post by: Chichi on October 24, 2011, 08:05:50 PM
Sjoe PMpie, jy wek ook maar altyd hard
Title: Re: VIR PM!!!!
Post by: PM on October 25, 2011, 04:04:06 AM
Ek wil nou nie diknek skiet nie, maar ek hoop bladsy 93 sien my nooit weer nie.  Ek sou gister drukkers toe gegaan het, maar kon dit nie maak nie, ek sal beslis vandag gaan.  Daar is nog die boek se buitekante se binnekante waaroor ek baie onseker is.  Verder is alles in orde, ons moet nou net hoor wat sĂȘ oom drukker.
Title: Re: VIR PM!!!!
Post by: Chichi on October 25, 2011, 03:27:45 PM
yay!! hopelik, isalles deur die haak
Title: Re: VIR PM!!!!
Post by: PM on October 25, 2011, 03:32:46 PM
Toe nou nie, bladsy 93 gaan my weer sien en al die ander bladsye ook.  Die bladsye moet alles oorgeplaas word in 'n ander program, die kleur is ga-ga en die ink slaan op al die bladsye deur.  Is ook nie net vir spoeg en plak nie.  :crybaby2:
Title: Re: VIR PM!!!!
Post by: Chichi on October 25, 2011, 09:22:36 PM
awe eks jammer dat jy nog moet werk... ek hoop dit kom vinnig reg
Title: Re: VIR PM!!!!
Post by: PM on October 26, 2011, 07:13:17 AM
Ek was gister baie moedeloos en vandag wil ek net huil as iemand vir my kyk, maar dit sal net sweet blou all help.
My ma het nie 'n sissie grootgemaak nie.  Hoe gouer ek begin hoe gouer is ek klaar.  (Ek drink net eers gou 'n koffietjie en vat 'n rukkie af om myself vreeslik jammer te kry.)   :icon_biggrin:
Title: Re: VIR PM!!!!
Post by: Chichi on October 26, 2011, 11:29:38 PM
hehe ek hou daarvan om myself jammer te rky as ek baie werk het wat voorle. dan wil ek altyd eers bietjie ontspan...