Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Meraai vannie Baai on December 04, 2018, 11:04:31 AM
-
Haai julle, ek is bekommerd oor PM. Het enige iemand dalk onlangs kontak gehad met haar?
-
Hier's ek weer sustertjie. Is van verlede week af deur 'n reeks toetse, met x-strale van my hart en longe. Die uitslae sal seker van more af inkom dan sal ons weet watter iepiekonders die ou ding het. Intussen het ek medikasie gekry om die hartslag 'n bietjie te verstadig. Dokter sal seker die bloeddrukpille verander. Ons wag nog vir die uitslae. Ek het eers vandag gegaan vir die hart-ex-strale, sal seker more vir oom dokter sien.
Dankie dat jy omgee, ek lief jou stinkend. :love7:
-
Oeeeeeeee ek was so bekommerd man! Sterkte met die toetse matertjie. Ons lief jou. Daardie pilletjies wat jou hart se ritme in die bek gaan ruk, is 'n klein wonderwerkie opsigself. Ek het nie baie vertroue in pille nie maar kan getuig dat dit werk. Pas jouself mooi op groot sebliefie en hou ons op hoogte.
:love7:
-
As iemand dalk vandag kontak maak met onse forummoedertjie, dra groot asb. tonne liefde en omgee vanuit Gatkantland vir haar oor. Ek het geen ander manier om haar 'n drukkie of beterskapwense te stuur nie. PM nie baie betrokke op die gevreetboek. Ek het vinnig geloer en dadelik besef dit gaan niks help om daar vir haar 'n boodskap te los nie.
-
Ag ek is so jammer dat ek so 'n bekommernis vir jou is lief Raaitjie. So tussen die moegheid deur het ek regtig nie ander probleme nie. Net my internetkontrak (data) het verval of wat weet ek nie. Ek werk nou maar van Hannes se modempie af.
Ek dink ek weet wat my groot probleem is: my hart hou nie van skottelgoedwas nie. :icon_biggrin:
Dit is vreeslik lekker om weer tuis te wees. Hier het 'n paar rooibek-neushoring vogeltjies nes gemaak in die boom net voor die huis. (Waar ons by die voordeur uitkyk) en ons kyk hoe die paartjie kossies aandra nes toe. Wat 'n voorreg!
-
Lekker giggel ek nou vanoggend. So wonderlik om te weet jy weer tuis en kan die drade optel en die lewe geniet in oorgawe. Inderdaad 'n wonderlike voorreg wat julle het om die outjies so te kan dophou. Ek dink my hart deel daai afkeur wat joune het in skottelgoed was :icon_biggrin:
-
My hande hou ook nie van groente skil, wasgoedwas en stryk nie. My rug wil nie vloere vee en skrop nie. Gelukkig het ek nie 'n probleem met kou, sluk en geniet nie. :hello2:
Gepraat van dik bloed. Ek dink ek moet nou dadelik 'n glasie gaan skink. :angel4:
-
:crybaby2: Nee allie magtie. Dit raak nou te erg. PM!!!!!!!! Waar is jy mater? :crybaby2:
-
Kom in tannie Petra!
-
Ek raak regtig bekommerd van vooraf Anton :crybaby2:
-
Ek is vreeslik jammer. Waar ek was kon ek nie die rekenaar gebruik nie, maar nou is ek weer hier by Gerhard in Centurion. Dit gaan nou goed. Dit lyk vir my of 'n rolstroel die antwoord is as ek moet gaan inkopies doen. Die hart sukkel, maar ek is dankbaar vir al die ander voorregte.
Ek hoop julle geniet die nuwe jaar sover. Ek gaan gou inloer by al die ander geselsies en saam praat. :love7:
-
My hart gaan uit na jou toe liefste mater :love7: As ek nie die geleende asempies op wiele gehad het nie sou ek glad nie meer inkopies kon doen nie. Pas jouself mooi op groot asseblief.
-
Hallo Petra! Julle in Centurion. Ek sal weer moet kom inloer vir koffie. Wou laasjaar nog weer 'n draai kom maak het, maar het nie daarby uitgekom nie. Kan ek maar kom kuier?
-
Skuus dat ek nou eers antwoord, my rekenaar het die gees gegaf. Ons is nog vandag hier en gaan more terug. Natuurlik is jy welkom.