Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Groente => Topic started by: PM on January 23, 2012, 03:38:15 PM

Title: Vinnige mieliegereg
Post by: PM on January 23, 2012, 03:38:15 PM
Hierdie gereg is so vinnig om te maak en is 'n gunsteling.

30 ml suiker
60 ml koekmeelblom
5   ml bakpoeier
3   eiers
1   blik 410 gr roommielies

Meng alles en bak in die oond van 180 grade tot gaar, plus minus 40 minute.  Sprinkel 'n bietjie kaneel oor as jy daarvan hou.
Title: Re: Vinnige mieliegereg
Post by: Meraai vannie Baai on January 24, 2012, 01:00:59 AM
Hmmm maklik ... sal probeer en laat weet  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Vinnige mieliegereg
Post by: PM on January 24, 2012, 05:41:03 AM
Naas patats en pampoen of wortels, ken ek nie juis nog 'n soet groente nie.  Soms sit ek ertjies met suiker en kaneel, of roommielies met kaas, in die klein skorsies.
Die mieliegereg is darem 'n afwisseling.
Jy kan ook die suiker uitlaat en kaas bo-oor strooi.
Laat weet asseblief of julle daarvan hou.
Title: Re: Vinnige mieliegereg
Post by: Meraai vannie Baai on January 25, 2012, 12:21:55 AM
Sal so maak hoor  :notworthy:
Title: Re: Vinnige mieliegereg
Post by: Trapsoetjie on January 25, 2012, 09:10:40 AM
Het gisteraand gemaak, baie lekker. Met huis mense se goedkeuring word die resep weggedra.
 :angel12: