Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on November 26, 2018, 06:22:29 PM

Title: Vonkfiksie
Post by: adele on November 26, 2018, 06:22:29 PM
Vonkfiksie

Teen dagbreek hou drome my asem diep in my binneste aan die sweef. Voor jou lippe myne raak, ruik ek al trane op my wange. Skeiding hang sneeuwit tussen ons en die toekoms onseker uur na uur voor ons uit, onbekend … dalk onbemind.

©adéle theron