Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: adele on August 04, 2012, 04:56:21 PM

Title: Re:Telefoonmaniere
Post by: adele on August 04, 2012, 04:56:21 PM
ek het geleer om te vra of ek paar minute kan praat oor dit of dat, of as die persoon besig is, mag ek later terugbel.
baie mense hat al gevra dat ek terugbel oor so of so 'n tyd.

 :grommit: 
Title: Re:Telefoonmaniere
Post by: PM on August 05, 2012, 10:09:24 AM
Ek het vir ons 'n nuwe onderwerp begin Adéle, wat 'n bietjie meer ernstig van aard is. 
Dit is goeie maniere om te vra, want dit is vir my so frustrerend as mense met wie jy besigheid doen, hulle foon antwoord en lank staan en klets terwyl ek vir hulle wag.  Sê dan maar net jy is besig met 'n klient en praat later. 
Ek dink dit is goeie maniere om jou foon af te skakel wanneer jy by 'n klient is, of in die kerk, of in 'n teater. 
Ons was verlede week by 'n begrafnis en glo my vry, om die graf het daar minstens 4 mense wat oproepe ontvang het, daar binne hoorafstand gestaan en klets.  :dontknow:
Title: Re:Telefoonmaniere
Post by: bloubefoeterd on August 10, 2012, 12:53:35 PM
Herinner my aan die ou in die biltongshop wat 'n handskoen aan het maar sy telefoon antwoord met die handskoen en die till slaan  met die handskoen en die kleingeld gee met die handskoen en en en ????
Title: Re:Telefoonmaniere
Post by: PM on August 12, 2012, 01:18:01 AM
 :sign10:  Hy sit beslis die pot  mis.   :icon_biggrin:
Dit is soos die tandarts wat nooit 'n masker dra nie, maar wanneer jy die rekening kry is dit opgeskryf. 
Sy dame dra ook handskoene maar sy hou die foon vir hom vas om 'n gesprek te voer terwyl hy in jou mond werk. 
Title: Re:Telefoonmaniere
Post by: bloubefoeterd on August 13, 2012, 01:14:02 PM
Betaal ons hulle om hulle teen ons kieme te beskerm of om ons teen hulle kieme te beskerm. Moet hulle nie self betaal as hulle asems stink nie. Hoekom moet ons betaal daarvoor???? 'n Wasgoedpennetjie is baie goedkoper as 'n masker en dit kan weer en weer gebruik word.

Ek dink daai tandartse sit elke oggend 'n masker op wat die hele dag gedra word maar "charge" elke pasient vir 'n nuwe een!!
Title: Re:Telefoonmaniere
Post by: PM on August 14, 2012, 08:06:43 AM
Hoe meer maskers hoe meer vreugde.  :icon_biggrin:

Ons was gister by 'n meubelwinkel om kwotasies te kry vir meubels.  Die dame is besig om met ons te praat, haar selfoon lui, sy los haar sin net daar in die lug en gryp daai foon, so asof dit onmiddellik gaan ophou lui.  Na 'n ewigheid, soos dit vir ons gevoel het, "keer sy terug".  Waar was ons nou weer?  :dontknow:
Title: Re:Telefoonmaniere
Post by: PM on August 18, 2012, 06:05:49 AM
Nog iets wat my baie ongemaklik laat voel is wanneer mense hulle fone in 'n geselskap antwoord en net daar sit en gesels.  Almal bly stil en wag dat die boosdoener moet klaar kry sodat die gesprek hervat kan word.  Daarna kan niemand meer onthou waaroor die gesprek gegaan het nie. 
Wat doen jy?  Bly jy ook maar rustig stil en sit en wag, of?