Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => PM se plek => Topic started by: PM on November 29, 2012, 08:38:08 AM
-
Sy sak op haar knieë neer op die groen gras
haar bene wil haar nie dra nie
rou snikke ruk haar wese uitmekaar
hoe sal sy lewe sonder hom
ag Here, wat het ek tog verkeerd gedoen
dat U ook nou my jongstes weg stuur
stadig glip haar hand in haar sak
en vou om die koel 9mm kolf
een knal fel die laaste sê
"Here was dit wat U wou hê?"
weergalm die klowe.
-
Sjoe! woorde maak 'n prentjie. Prentjie tref diep. Trefslag ruk besinning terug. Sit ek maar weer my eie kolf neer en ploeter voort.
Is dit wat ek wou he?
:icon_bigsmurf:
-
Lekker om jou raak te lees Naas. :hello2:
'n Mens kry nie altyd wat jy wil hê nie. Dalk is dit net verantwoordelikheid wat jou daarvan weerhou.
-
Ek sal jou daarop antwoord in die kroeg.
Het gistraand die laaste vraestelle klaar gemerk. moet net gou toesig klaarmaak. Praat namiddag weer.
:icon_bigsmurf:
-
Die hare op my lyf staan op gelid, reguit soos soldate. Respek. Liefde. Simpatie. Empatie. Emosies onbeskryfbaar vloei deur my. :love7: :notworthy: Jou woorde het my weer laat onthou. Lankal toe ons jongste seun vir ons kom kuier het op die plasie in Suid Australia - toe hulle weg is, le sy spore in die stof op die veranda. Sak ek net daar neer, soos jy. Kon dit nie oor my hart kry vir dae om daai stoep te vee :crybaby2:
-
Jy verstaan dan! :love7:
Vir maande nadat Damian weg is het ek ook net om die handpalmafdrukke teen die glasdeure gewas.
Waarheen lei die paaie?
-
Deksels, nou het ek my kroegstorie vergeet... :icon_scratch: :crybaby2:
:icon_bigsmurf:
-
Nou bak jy kluitjies met modder. :icon_biggrin:
-
Is werklik net iemand wat self daardeur is wat rêrig êrig verstaan
-
Eish, dis diep , roer my tot trane, ek voel vir Meraai van die Baai.
-
Dankie Rainier. Skryf jy nie ook gedigte nie?
-
PM laat my geheue teruggaan na baie baie jare gelede. Dit is waar my gedig Genade vandaan gekom het.
-
Dankie Ans. Mens het soms baie ondersteuning nodig om al jou varkies op hok te hou. :icon_scratch:
-
Ek weet PM ek was daar. Een van die moeilikste dinge wat 'n ouer deurmaak.
-
Ek is bang vir gedigte skryf,PM, mens moet kop hou en 'n kop hê voor jy daarmee peuter, meeste mense op die forum roer my tot trane met hulle gedigte, ek speel gereeld met my sakdoek as ek die goedjies lees.Dan is daar weer die mense wat my laat lag dat die trane loop.
-
Rainier skryf daai gedigte. Jy sal nie spyt wees nie. Dit is 'n ontlading van 'n mens se gees.
-
Moet tog nie huil as jy my goedjies lees nie. Jy sal lag as jy hoor waar ek alles uitkrap.
(Daai mense wat so sit en gesels agter jou in die restaurant, hulle laat jou boeke vol skryf.)
-
Ja, daai is n goeie plek om materiaal te kry, Angelica.Ek kan het nog nie daaraan gedink nie.
-
Ons probeer maar almal ons bes en dan het ons die voordeel dat ons mekaar kan help. Dit help ook om so veel as moontlik na die ou meesters se werk te kyk. Hier op die forum is ook uitstekende werk.
-
Sjoe, ek het nou hierdie gedig gelees en dit is hartverskeurend. Uitstekend.
-
Dankie Fransie. :love7:
-
I was lucky - and very much blessed. In 2004, to be precise the 24th of December 2004, I had the idea that I should end it all and I could already feel the butt of my .45ACP in my hand. Then God said to me - my dear Natalie, if you do finish up now, who is going to clean up after you? And just something else, in My mind, you write better than you shoot and I would prefer you to rather shoot a couple of words to throwing pieces of lead. So I wrote and I cried and as I wrote I had to wipe the tears off of the paper. The best part of this all is - I wanted to go fetch the .45 from the safe but I already had a .22 pistol right next to me on the bed. I am ever so glad I listened to God that morning.
-
Ek is ook baie bly Natalie. :love7:
-
Ek wonder of ons daar was waar die laagste van laag was?
As ek so daarna kyk dan kan ek net sien dat van daar af dit net beter kan gaan. Ek het nou al vrede gemaak met kinders wat nie meer kinders is nie. Kleinkinders behoort nie meer aan my nie en ek leer steeds elke dag dat ek op myself moet staatmaak en nie op inigiemand anders nie. Ek dink ek praat nou net deur my nek, maar gun my dit asseblief!