Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: adele on November 08, 2012, 11:17:08 AM

Title: Mel se baba
Post by: adele on November 08, 2012, 11:17:08 AM
haai almal wat vir Mel onthou, sy het 'n babatjie, op 27 weke gebore en vreeslik klein, weeg net oor 'n kg.
as julle afrol op haar profiel en 'n kansie gee, kan julle die kleinding se foto sien.

http://www.facebook.com/melanie.v.walt

 :grommit: 
Title: Re: Mel se baba
Post by: PM on November 09, 2012, 06:43:49 AM
Ag nee, die skakel is nie meer beskikbaar nie.  Kan jy dit nie asseblief vir ons hier plaas nie Adele?  Het jy kontak met Mel?  Ek dink so baie aan haar. 
Title: Re: Mel se baba
Post by: adele on November 09, 2012, 09:27:15 AM
oooh, ek weet nie regtig hoe dit werk nie want ek kom tot op haar blad wanneer ek hierdie skakel kliek.

miskien moet jy op FB haar naam intik en soek of haar naam op my vriendelysie gaan soek en so inskakel. weet iemand hoe dit moet werk?   :dontknow: 

 :grommit:
Title: Re: Mel se baba
Post by: Meraai vannie Baai on November 09, 2012, 09:30:32 AM
Gewoonlik moet 'n mens onder jou eie naam inteken as jy die skakels wil volg op FB. Ek kon inkom na ek ingeteken het.
Title: Re: Mel se baba
Post by: Ah Willa on November 11, 2012, 06:18:04 PM
Hier's a fototjie van die prag dogter - maar ja - jy sal ingelog moet wees in Facebook om dit te kan sien :

https://www.facebook.com/photo.php?fbid=10151306291103832&set=a.10151306291063832.523003.628473831&type=3&theater
Title: Re: Mel se baba
Post by: Gawelina on November 12, 2012, 11:53:54 AM
Mel kan dalk ontslaan word, maar baba is effens swakker. Sy wag vir bloedtoetse. Dit lyk og kleinding dalk 'n infeksie kan hĂȘ. Dink asb aan hulle.
Title: Re: Mel se baba
Post by: Ah Willa on November 12, 2012, 12:26:13 PM
Ai - sulke klein goedjies word mos maklik siek - ons bid
Title: Re: Mel se baba
Post by: Meraai vannie Baai on November 13, 2012, 12:06:39 AM
Ons bid saam!!
Title: Re: Mel se baba
Post by: Gawelina on November 13, 2012, 01:01:44 PM
Ai julle, gebed is so nodig. Kleinding weeg al 1.1 kg en die bloedtoetse is skoon. niks infeksie nie. Mamma is darem al by die huis.  Dankie vir almal se omgee. 
Title: Re: Mel se baba
Post by: PM on November 13, 2012, 01:16:26 PM
Dit is baie goeie nuus.  Goeiste, maar dit is piepklein!
Title: Re: Mel se baba
Post by: Ah Willa on November 13, 2012, 09:47:50 PM
wonderlik - nou bid ons dat die klein-wonderwerkie gou ook by Mamma en pappa gaan wees en die boetie en sussie
Title: Re: Mel se baba
Post by: bloubefoeterd on November 13, 2012, 10:47:35 PM
Sjoe 1.1kg is klein! SWal orraait wees maar eers ontslaan word op so 2 kg.