Die kuierstoep > Kom kuier saam

Beloftes maak skuld, of nie?

(1/3) > >>

PM:
Vanoggend gesels ek en Ouma oor mense wat vir jou die son maan en sterre beloof en sodra jy vra vir een sterretjie dan is die beloftemaker soek. 

Sy vertel hierdie staaltjie:

Oom Jan beloof vir Sannie 'n pennie as sy in die oggend die beeste veld toe jaag.  Na 'n paar dae vra sy vir oom Jan wanneer kry sy nou haar pennies.  Teen hierdie tyd moet sy al 'n paar pennies ryker wees.
"Nee,"  antwoord hy haar, 
"'n mens kan nie belowe en betaal ook nog nie,  dit is te dubbeld."   :icon_biggrin: 

bloubefoeterd:
PMpie

Ek het belowe ek sal hier wees en hier is ek!

My belofte is nagekom. Een twee drie blokmyself!

Hier gaan ons nog lekker kuier!

bloubefoeterd:
Wat kom na suigeling? Ek weet ek suig aan die ou twakkies maar maak dit my 'n suigeling? Ek het aspirasies jy weet!

PM:
O hallie ha!  Dit is al laat al en die "daardie wa" is al op straat al! Nee matertjie,  nou vra jy my vas,  ek sal more moet gaan kyk en jou antwoord!   :icon_biggrin:   

Baie hartlik welkom my matertjie.  Ek kan jou nou nie pennies aanbied nie,  maar my uitnodiging vir 'n lekker braaitjie staan nog punt in die wind.  EN, ons huis is 'n "suigeling" huis.  PM suig vir 'n vale en al die ander "nie-suigelinge" is ook welkom.  Die ouens wat 'n probleem met "suig" het,  ons het werklik 'n pragtige tuin!  Kom geniet dit!   :icon_biggrin:

Een ding wat julle nog van Hannes en PM sal leer!  Ons is mal oor kuiergaste!  Lui net die klokkie!

Meraai vannie Baai:
Ek lui en lui die klokkie in 2018, en toe onthou ek in SA slaap julle nou en toe wonder ek of daar nog iewers op die aardbol 'n nagwa te vinde is  :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version