Die kuierstoep > Die kiekiekyk plek

sederberg nr 2

(1/1)

Lox:
saterdagogged het ons vroeg opgestaan vinnig ontbyt gekou en padkos gemaak in ingepak.

na oggendgodsdiens het ons die pad gevat - te voet - met oom pieter as die gids. hy het geweldige kennis van daardie plek en was al meer as 50 keer daar die laaste 18 jaar.

ons doel was om rotsformasies en boesman tekeninge te kyk.

eerste op die afgekom
daar is tekeninge van verskillende ouderdomme. blykbaar die wat baie fyn geteken is is baie oud dalk 1000 of meer jaar en hoe jonger dit is hoe minder fyn is dit geteken, sommer met vingers. die jonger tekeninge het ook witmense op. die ou tekeninge is dalk met soort van fyn kwassie of stokkie geteken.
almal was ook nie kunstenaars nie net sommige.

die eerste wat ons raakgeloop het:



 die tekening word die sederberg reus genoem.



ons kampplek van ver gesien




hier is ook 'n jonger tekening die man met die hoed maar die gedrog of gedierte onder hom weet ons nie wat dit is nie. lyk of dit dlak later geteken is en iets om die man se been het wat hom vang.



hier is van die klei/klip wat oom pieter fyn gemaak het soos die boesmans waarmee hulle geteken het. die poeier word met protiën soos bloed of spoeg of urine gemeng en dan trek dit binne in die rots in. daarom dta dit so lank hou. nee ons het nie aangemaak en self geteken nie.



ons het onder die rotse deur gekruip in die tonnel



die blommetjie het doer bo teen die rots geblom asof sy lewe daarvan afhang.



ek en malherbe het mekaar weerskante van hierdie gat deur die rots afgeneem.






kyk net daai mooi rotsformasie





kan dit alf van die TV wees wat so katte gevang het?

PM:
Dit moet 'n besondere ervaring wees.   Werklik pragtig, die natuur.

Lox:
dit is 'n ervaring en voorreg wat baie min mense beskore was. oom pieter is vriende met koos, die eienaar van die plaas. hy boer eintlik langsaan en die plaas het altyd gesukkel en dit was maar 'n bestaansboerdery van skape en bietjie saaiery wat met die donkies en hand bewerk en geoes was.
die grond kom toe in die mark en hy en ander buurman koop dit toe saam en besluit hulle gaan niks doen daar nie, dit bewaar vir wat daar is.

koos het 'n gastehuis op die plaas waar hy boer en mens kan daar tuisgaan. ek dink daar is 12 slaapplekke. jy kan met 'n voertuig op die plaas suurvlakte ry tot naby die canyon en daar stilhou en verder stap. Oom pieter het toestemming gekry in 1995 se koers dat hy en 'n vriend met hulle fietse daar kan ingaan en onder die een oorhang rots kamp.

in 1999 kry hy toe toestemming om 'n groep manne daarheen te neem. ons Bybelstudie groep het toe gegaan en ons mag toe met bakkies in ry en kamp. ook die enigste mense wat daai toestemming gekry het. ons gedra ons toe so mooi dat ons dit weer mag doen. dit raak toe instelling so 1 keer per jaar wat ons so Bybelstudie kamp daar gaan hou.
Kry toe paar jaar later die toestemming om tot in die middel van die plaas te ry en daar te kamp. ons het ook nie rond gery nie, ry tot daar, slaan kamp op, stap waar ons wil wees en ry die Sondag weer huistoe. wat 'n wonderlike voorreg en ervaring.

dit was die laaste keer wat ons kon gaan met die neem van die fotos. sover ek reg kan onthou het ek 4 of 5 keer saam gegaan.

na ons daar was die laaste keer het hulle 'n luiperd se spore op die plaas gekry en toe sê Koos ons mag nie weer gaan kamp nie, nie oor hy bang is die luiperd hinder ons nie maar oor hy bang is ons teenwoordigheid hinder die luiperd en dan gee hy pad.

dit was voorwaar 'n voorreg om te kon gaan en ds hartseer dat dit nou verby is maar soos die Bybel sê, daars 'n tyd vir als. en daai tyd is nou verby.

PM:
Dit is wonderlik dat daar sulke mense is wat soveel respek vir die natuur het, om dit so te bewaar.  Ongelukkig is daar ook baie mense wat geen respek of selfrespek het nie en alles om hulle verwoes.  Dit is dan ook diesulkes wat die lewe vir ons ander moeilik maak. 

Van kleins af is ons geleer dat jy 'n plek in 'n beter toestand los as waarin jy dit gevind het.  Nie net respek vir jou omgewing nie,  maar respek vir jouself!

Lox:
ons het al gekry dat daar goed is wat versteur was en mense beskadig het wanneer ons 'n vlg keer weer daar gekom het.

Navigation

[0] Message Index

Go to full version