Die kuierstoep > Die kiekiekyk plek

so paar kiekies

(1/2) > >>

Lox:
is koud in die boland vandag en seker die res van die land ook.





is mooi ook hier
en seker in die res van die land ook


honne is bly wanneer die weer breek en hulle gou 'n stukkie kan gaan bene rek buite.



ons rose blom nog steeds



en ons ander tuin troetel diere wat vir hulle self sorg is ook gelukkig



sommige waag dit in die huis ook



toe ek vanoggend wou ontbyt eet vang my ook iets wat soos 'n brood krummel lyk op die tafel en eers wou ek dit afvee maar sien toe dit beweeg.



die outjie (ek het sy naam vergeet) is 7 mm lank en 3 mm breed. hy was later nie meer gelukkig dat ek aanmekaar so naby aan hom kom met die kamera nie. seker gedink dis 'n moewiese kanon. hy het my so met paar ogies dopgehou. ek het hom toe liewer op die vensterbank gesit dat hy nie moet seerkry nie.



as dit so koud is wil hulle net voor die verwarmer lĂȘ en braai.






Lox:
so lyk die berg voor die huis vandag



PM:
Dit is pragtig,  al lyk dit so yskoud! 

Hierdie naweek wat berby is het ons geweet dit is koud.  Die yswind het deur murg en been gesny!

Angelica:
Jy is baie duidelik 'n natuur mens. En diereliefhebber. Yip, ons streek is pragtig al is dit koud (solank ek kan binne bly en kiekies kyk na hoe dit buite lyk). Oor 'n paar maande is die wingerde weer groengroen.

Lox:
jys reg angeliek, ek hou van die natuur, hou nie van dorp of stad nie. ek hou nie eers daarvan om Rawsonville toe te gaan nie, en die dorpie is nog nie eers 1 km x 1 km groot nie.

waar in die weskaap bly jy dat jy ook ons groen wingerd sien?

die een mooi van die wes kaap wat ns het en die res van die land nie is dat dit altyd groen is. in somer is die wingerd groen en in die winter die graan lande en graan wat ons in die wingerd rye saai.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version