Author Topic: Janfrederikkie se nuwe lewe.  (Read 2583 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Janfrederikkie se nuwe lewe.
« on: January 09, 2012, 08:27:15 PM »

Hulle name is Jannie Frederik en Sannie Frederik, twee janfrederikkies in die tuin. Hulle 'is expecting' maar ons weet nie hoeveelling nie; hul nessie is te weggesteek vir 'n sonar.
Jannie is baie lief vir die druiweprieël se raamwerk. Ons sien hom elke dag daar op en af stap; soos 'n pa wagtend op die groot dag en uur van geboorte. Soms verlaat Sannie ook die nessie vir 'n ietsie. 'n Wurmhappie is haar gunsteling. Dit is nou naas 'n papkrummeltjie daar uit die katte se erfie.
Vanaf 'n tak gerieflik bokant die bakke waar die papkrummels aanloklik roep, bekyk sy elke hoekie rondom die erfie. Wanneer stilte haar luidkeels begroet, duik sy af en boemelaargryp sy 'n krummel om dadelik weer weg te swiep na die klimop waar hulle nessie verskuil hou.
Vroegaand, soos twee hardwerkende jongmense soms doen, raak hulle stil-stil weg, trek die takdeurtjie agter hulle toe en sien ons hulle eers weer die volgende oggend met dagbreek.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Janfrederikkie se nuwe lewe.
« Reply #1 on: January 09, 2012, 09:01:31 PM »
Pragtig beskryf vriendin. Ons dierevriendjies bly maar 'n liefdeskombersie waarmee ons die natuur se warmte koester.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Janfrederikkie se nuwe lewe.
« Reply #2 on: January 09, 2012, 09:22:06 PM »
Dankie Naas, ons geniet daardie twee so baie.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Janfrederikkie se nuwe lewe.
« Reply #3 on: January 10, 2012, 05:44:15 AM »
Pragtig Annie.  Ek lief die nuwe woorde wat jy altyd skep.  Ek is net so bevoorreg om in 'n hoekie te sit en werk waar ek heeldag die vogeltjies kan dophou. 

Laat weet asseblief as die nuwe "kleinkinders" daar is.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Janfrederikkie se nuwe lewe.
« Reply #4 on: January 10, 2012, 07:12:32 AM »
Oeee ek lieffff stories soos hierdie en slurp gulsig die toonomkulwoordjies op  :love7: