Author Topic: Hardloop jy saam?  (Read 18184 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #15 on: September 01, 2011, 08:28:33 AM »
O hallie ha Elle, dit is my paar boude wat jy daar so swaai!   :toothy4: 

Ons twee, dit is nou ek en Naas, het gisteraand gesels oor die viriesie wat ons hardloop so steel.  Ons apteker meen daar is geen antibiotika wat die ding kan aanspreek nie.  Dit breek net 'n mens se gestel verder af.  Gooi die vitamine C mildelik en stoom met bloekomolie en kloosterbalsem (friar's balsam) 5ml elk in baie warm water. 
Naas meen dat kloosterbalsem die manlike vorm van kloosterkoek is.   :icon_biggrin:

Ja, hier by ons is die ergste koue ook gebreek, maar ek sien op die nuus dat julle nog lekker reen kry.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #16 on: September 01, 2011, 10:49:56 AM »
solank Naas net nie gebuk gaan onder die trojaanse viriesie nie - sterkte Naasie maar ek moet ook hierdie ou boereraat met jou deel: virrie siekte wat jy het moet mens gorrel met oudemeester maar jy moet waak teen uitspoe. hier teen die vierde gorrel voel mens al stukke beter.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #17 on: September 01, 2011, 01:14:00 PM »
Ek is al 'n oude meester. Ek dink ek moet maar drie skippies probeer en kyk of dit nie werk nie. Het vamorre my Weetbix gerook, prit gelek en pro nutro gesnuif maar niks help nie.
Ek is nou op pad vir die x-trale om te kyk wat van my longe geword het.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #18 on: September 01, 2011, 06:31:06 PM »
Dit is erg, het jy al giggiltwakkies probeer?  Hulle sê dit is uitstekend vir asma.  Dit help glo teen moerigheid ook.  Weetbix is nie so goed nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #19 on: September 01, 2011, 07:05:10 PM »
Hulle se dan Weetbix is gesondheid uit die grond uit. Omkyktwak issie vir my nie. As ek eers myself in die ogies kyk verloor ek perspektief.
Ek het ook gehoor dat jy Wim moet snuif as jy vuil gedagtes het. Nou kry mens nie meer Wim nie en Louwater Komo gee my borrelsiekte.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #20 on: September 08, 2011, 09:50:10 AM »
Louwater Komo!  Waar is 007?    :icon_biggrin: 

Soms waardeer ek my "toestand".  :sign10:

'n Mens kry nog Wim, ek gebruik dit gereeld.   :icon_biggrin:





Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #21 on: September 08, 2011, 09:55:56 AM »
Hulle het toe my longe gekry. Maar dis so vol anner goed dat dit nie lekker wil luier nie. Die weer hier by ons help ook nie lekker nie want dit reen alweer.





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #22 on: September 08, 2011, 09:59:12 AM »
Ampoer val ek oor die woordmandjie. Heloooo? Iemand geroep?  :love7: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #23 on: September 08, 2011, 10:06:05 AM »
Toemaar Naas, een van die dae is julle reënweer verby, dan kry ons dit weer. 

Raaitjie, ek roep vir 007, sy kan kom oes!   :icon_biggrin:  Een van die dae oes jy weer dat dit gons matertjie.  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #24 on: September 08, 2011, 10:07:49 AM »
Jy sal nie GLO hoe opgewonde is ekke vanaand nie. Dit voel soos laaaankal waar die ABC om elke hoek vir my geloer het  :book1: :notworthy: I'll be back!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #25 on: September 08, 2011, 10:10:49 AM »
Ek sit hier op my besempie, alleen in die bos, maar ek skrik nie, ek wag net geduldig tot jy weer terug is.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #26 on: September 08, 2011, 10:36:20 AM »
Oppas vir bosbrande aspoestertjie





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #27 on: September 08, 2011, 10:38:14 AM »
Ek skrik nie vir bosbrande nie, ek het mos 'n besempie!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #28 on: September 09, 2011, 03:00:51 AM »
Dink dit is tyd dat ons nuwe grassies en strikke op daai besempies kry PM  :icon_biggrin: Myne lyk al biekie gehawend.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #29 on: September 09, 2011, 05:32:51 AM »
Ek gaan juis gou vanoggend vir meisiekind kuier.  Sy het mos nou haar nuwe naelbesigheid oopgemaak en dit is vanoggend my tone se beurt.  Ek stop sommer gou daar by "crazy store", hulle het die mooiste strikkies en blinkertjies.

Naas... jy en jou poespas stories.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.