Voorstelle en klagtes > Voorstelle

Die Afrikaanse Forum se eerste boek.

(1/5) > >>

Bestuur:
Hier gaan nou dinge gebeur.  Die eerste werk (kan dit seker nie 'n bundel noem nie) moet nou in boekvorm kom. 

Wat is die doel met die boek?  Ons weet almal dat niemand gaan geld maak nie. 

Ek wag vir voorstelle.  Hoe gaan daai boek lyk?  Wat kom alles daar in?  Spookstories, Karel Grootlieg, ander stories, gesegdes, gedigstrukture en gedigte?

Slapband of hardeband?  Dof of blink?  Hoe bepaal ons wie betaal hoeveel? 

Help asseblief. 


Angelica:
Ekskuus die Engelse woord, maar 'exciting' is die eerste woord wat in my gedagtes opkom.
Ek het beslis nie fondse om my eie bundel te publiseer nie. Hierdie is die ideaal.

'n Voorstel: Elkeen kry 2 bladsye en daarmee kan hy doen wat hy wil. (Twee bladsye is net 'n voorstel. Dit kan meer of minder wees).
As elkeen 2 bladsye het, is dit maklik om die kostes vir elk te bereken. Bv. R100 per skrywer.
Die bestuur kan dan met die 'kitty' besluit of dit hardeband glans of sagteband standaard sal wees.
Sal elke deelnemer 1 boek ontvang?



Trapsoetjie:
Ek sien, ek houvan, ek luister.

Dit klink na 'n baie oulike plan.

Die kostes kan ons ook so verdeel in hoeveel bladsye gebruik gaan word. Vind eers uit wat dit gaan kos om 'n boek te druk, bv..met 100 bladsye, deel dan die kostes uit in hoeveelheid baldsye. Die voorblad sal natuurlik verdeel word in die hoeveelheid skrywer deel neem.

Dan is die belangriste (uit ondervinding) wie gaan die boek bemark? Digbundels is nie die maklikste boek om te verkoop nie.

Jeannedarc:
dit klink vir my na 'n goeie idee. Groep 7 drukkers is baie billik en 'n mens kan daar van 5 tot 5000 boeke laat druk. my eerste bundel wat ek self uitgee en wat ongeveer 80 bladsye is het my R23 per boek gekos, A5 grootte en die voorblad is in kleur maar nie glans nie. ek dink dat twee bladsye strakkies 'n bietjie min mag wees - van my gedigte is drie of vier bladsye, miskien moet die wat belang stel in die boek se hoeveel bladsye elkeen wil he en dit sal dan ook bepaal hoeveel elk sal moet opdok. ek dink dat ons genoegsame kennis het om die grootste deel van die werk self te kan doen - die uitleg, grafika en so meer wat ons sal bespaar op koste.

PM:
Baie dankie vir julle insette.

Hoe meer skrywers ons het,  hoe goedkoper gaan die drukkostes wees dus.  Wie ken nog skrywers wat ons kan vra om te kom deelneem?   

Ek het baie navrae gekry oor Engelse gedigte.  Wat dink julle daarvan dat ons 'n Engelse afdeling skep en ook Engelse gedigte in die boek opneem? 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version